Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 73 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitzicht Natuureservaat 193, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge is 'n privaat wildreservaat in die prentjiemooi Oos-Vrystaat, 350 km van Johannesburg af en net 12 km buite Fouriesburg. Die lodge bied wonderlike uitsigte oor die Maluti-berge en is die tuiste van meer as 16 verskillende wildspesies.

Die lodge bied verblyf wat wissel van selfsorg-eenhede tot luukse kamers. Daar is 'n kroeg-area, 'n swembad en 'n lapa by die hooflodge met pragtige uitsigte oor die Maluti-berge.

'n Trou- en konferensie-venue is ook beskikbaar. Hierdie moderne saal kan 160 trougaste en 120 gaste vir 'n konferensie akkommodeer. Daar is 2 staproetes rondom die plaas, een van 18 km en een van 9 km en dit bied uitstekende uitsigte.

Daar is verskeie besienswaardighede in en om Fouriesburg. Gaste kan die juweel van die Vrystaat, die pragtige Clarens, besoek wat beskryf word as 'n groot oopplan-winkelsentrum vir kunsliefhebbers. Golden Gate bied uitsonderlike uitsigte en perdritte, en is die tuiste van meer as 100 voëlspesies. Gaste kan ook die Basotho Kultuurdorpie besoek.

Die Katsedam is nie ver van die lodge af nie, en is die tweede grootste dam in Afrika. Die dam is deel van die Lesotho Hooglande Waterprojek en is werklik iets om te aanskou. By die Oxbow Ski-oord in Lesotho kan gaste ysklim of ski, maar let dat jy 'n paspoort nodig het om Lesotho te betree. Daar is verskeie gholf- en rolbalbane in en rondom Fouriesburg.

Let asb. dat daar 'n grondpad na die instansie lei en gaste moet navraag doen oor die toestand van hierdie pad voor aankoms aangesien dit weens onvoorsiene omstandighede kan verander.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Frans J
Saam met lewensmaat
5.0
Was ongelooflik lekker en die uitsig op Uitzicht is asemrowend! Uitzicht Game Lodge sal ons beslis gou weer sien! Aangename mense wat uit hulle pad ga...
Sien meer
Jun 2024
Ep L
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike, vriendelike personeel en die beste waarde vir geld. Dit was ongelooflik lekker!
Mrt 2024
Taytum W
Saam met lewensmaat
5.0
Beeldskone wegbreek. As jou begeerte is om weg te kom uit die stad se geraas, kan jy nie beter doen as Uitzicht Private Game Reserve and Lodge nie. St...
Sien meer
Des 2023
Brand M
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Beautiful place, everyone is friendly and the food is so nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Jeanne P
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvryheid en vriendelikheid op sy beste saam met 'n ongelooflike uitsig maak Uitzicht 'n unieke uitspanplek. Die uitsig is om van te droom en ons het...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ciara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 124

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Uitzicht Natuureservaat 193, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Uitzicht Private Game Reserve and Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 73 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitzicht Natuureservaat 193, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b18b767f97faf7591f008bdb306a56176b187ba00e9014876554d90e33637bb164004a6b93f67efb2adcca1e5d035387eba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 124 5 1 5 193 Uitzicht Nature Reserve Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.562511674651 28.108525872231

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang