V'Kansi Khaya
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Nov 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kerkstraat 399, Clarens, 1718, Vrystaat
-
Vanaf
R900R765 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
V'Kansi Khaya is 'n in die prentjiemooi dorpie, Clarens, in die Oos-Vrystaat. Kom ervaar die rus, vrede en wonderskone uitsigte op die berge wat Clarens omring. Die eiendom is binne stapafstand vanaf die middedorp.
Die selfsorg-chalet is 'n nuwe tweeslaapkamer-eenheid met 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne, handdoeke en elektriese komberse word voorsien. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en 'n HiFi. Daar is ook 'n ten volle toegeruste kombuis met al die nodige geriewe. Gaste kan ook gebruik maak van die dek met 'n braaiplek en dubbelmotorafdak. Let asb. daarop dat daar geen wasmasjien is nie. Die dek aan die agterkant van die chalet is slegs beskikbaar as albei eenhede bespreek word.
Die selfsorg-ateljeewoonstel is toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort. Die sitkamerarea het 2 gemaklike stoele en 'n platskerm-TV met DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster en al die nodige toebehore, eetgerei en breekware. Die ateljee het ook 'n dek met pragtige uitsigte op die berge en 'n Weber-braai. Daar is 'n motorafdak en dis volledig omhein. Geen kooktoestelle soos lugbraaiers en braaipanne word in die ateljee toegelaat nie.
Clarens het 'n wassery.
Clarens is 'n toevlugsoord vir kunstenaarsiele en daar is 'n toenemende aantal kunstenaars wat hulself hier kom vestig in hierdie skilderagtige landskap. Daar is talle kunsgalerye en kunsvlytwinkeltjies in die dorp waar besoekers kan gaan snuffel vir geskenke en oorspronklike kunswerke. Presidentstraat het 'n meer bekostigbare versameling winkels wat alles van pottebakkery, kerse en geskenkwinkels bied. Die sandsteengeboue is 'n kenmerkende eienskap van Clarens en hul argitektuur dra by tot die prag van hierdie stuk aarde. DiƩ pragtige huise is fantasties om af te neem en lekker om in te bly.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
AndrƩ Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 445
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Kerkstraat 399, Clarens, 1718, Vrystaat
- Gaste dink V'Kansi Khaya het ān uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kerkstraat 399, Clarens, 1718, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ān profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang