Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Lorea @47

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: P. Lorea-weg 47, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Villa Lorea @47 is 'n knus selfsorg eenheid in Danabaai Bewaararea en bied gerieflike verblyf met 'n ononderbroke see-uitsig.

Hierdie lieflike eenheid, bestaan uit 3 slaapkamers op die grondverdieping van die huis en het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n super koning grootte hemelbed met privaat oopplan sit-eetkamer met sitplek vir 4 asook 'n sofabed vir een kind, en 'n ensuite bandkamer met inloop stort en toilet. Die ander twee kamers het beide XL koning grootte-beddens en deel 'n vol badkamer met bad, stort, wasbak en aparte toilet..Die hele 3 slaapkamer grondvloer eenheid deel ook 'n klein kombuiis en oopplan sit-eetkamer met sitplek vir 8 mense. Die leefare het 'n dubbel sofabed vir een tot twee kinders.

Alle linne en bad handdoeke word voorsien en dit is van goeie gehalte., soos die beddens en kussings wat ook hotel kwaliteit is.

Elke slaapkamer het 'n privaat in-/uitgang na buite. asook 'n binne deur wat almal aan mekaar verbind.

Die gemeenskaplikke kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, braaipan, lugbraaier, ketel, broodrooster, basiese eetgerei en breekware toegerus is.

Hierdie verblyf het 'n swembad, braaigeriewe, pizza oond and 'n pragtige 180 grade see-uitsig, asook 'n aparte buite-sitarea rondom 'n vuurpit. Hierdie geriewe word met die eienaars wat op die boonste vlak van die huis woon, gedeel. Veilige parkeerplek is op die perseel vir 2 voertuie en 'n sleepwa beskikbaar.

Hierdie is 'n stil area waar klein bokkies en hasies vry rondloop, voelsang gaste vroeg oggend begroet en die dolfyne sorg vir vroegoggend vermaak in die vlak branders.

Dit is ver genoeg vanaf die dorp om verkeersgeraas te vermy, maar tog naby genoeg om alles vinnig te bereik, sowat 10 km vanaf Mosselbaai se sakekern en stapafstand vanaf Eerste Strand en die St. Blaise Trail n Danabaai.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • P. Lorea-weg 47, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Lorea @47 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: P. Lorea-weg 47, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfedaeebcb063d974441271cd3d7db15a45307dfcf13500149576c48f3168067a74c726e338150df0e30f769eafea012c095d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 3) 1 5 1 5 47 P. Lorea Road Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.202381411393 22.054297807229

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang