Vredevallei
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 66, Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
-
Vanaf
R700R630 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Vredevallei is 'n kothuis wat op 'n klein plaas in Tesselaarsdal in die Wes-Kaap geleë is. Hierdie verblyf poog om 'n selfvolhoubare leefstylervaring aan gaste te bied.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, gasoond, gasyskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuistoonbank kan as 'n etenstafel met stoele benut word. Dié area lei na die leefarea met 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 kinders. Die skuifdeure lei na 'n houtdek met meubels waar gaste die uitsig oor die bure se dam kan geniet. Let asb. dat hier nie 'n TV of WiFi is nie.
Daar is 'n kragopwekker wat die waterpomp tydens storttye ondersteun en 'n donkie om die water te verhit. Die perseel het genoeg speelplek vir kinders, of om fiets te ry. Gaste kan in die plaas se modderdam baljaar of die bordspeletjies geniet.
Daar is talle aktiwiteite in die omgewing. Gaste kan wynproe in die die Hemel-en-Aarde-vallei en Creation Wines besoek. Daar is ook 12 wynplase op die R320 wat net 30 minute van die verblyf af is. Die wêreld se langste Zipline is die K3 net buite Caledon wat ook net 30 minute van die verblyf af is. Gaste kan Stanford besoek, 'n klein dorpie met die lekkerste eetplekke, wynplase, 'n byeboerdery, die Panthera Africa Big Cat Sanctuary en die Eikenhoff orgideëplaas. Hermanus is ook nabygeleë vir walviskyk, strande, staproetes en fliek.
Tesselaarsdal is 26 km vanaf Caledon en 42 km vanaf Hermanus. Die roete sluit 'n 19 km-grondpad in wat nie vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte geskik is nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Manndi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Deel 66, Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
- Gaste dink Vredevallei het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tesselaarsdal Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 66, Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang