Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

WilruWilthu

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

WilruWilthu is in 'n stil deel van Marlothpark en bied verblyf in 'n selfsorghuis vir 'n groep van 10. Hierdie huis grens direk aan die parkland en daar is ook 'n oop erf waar die diere gereeld besigtig kan word.

WilruWilthu het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer en 'n groot, beskutte stoep.

Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Daar is 'n stapelbed, 2 enkelbeddens en 2 kinderbedjies in die sitkamer met lugversorging. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Een van die storte het 'n gasgeiser en die ander een het 'n elektriese geiser. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, gasoond, mikrogolf, yskas, vrieskas, kosmaak toebehore en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en skottelgoedwas-tablette vir elke dag.

Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat 'n die slim-TV. Gratis WiFi en My Family Cinema is beskikbaar. Goeie selfoonsein is beskikbaar vir alle netwerke.

Buite is daar is 'n 'splash pool', braai en kuier area. Op die toegeboude stoep is daar binnebraai-geriewe en 'n warm of koue Jacuzzi vir ongurige weer. Daar is 'n gastetoilet langs die Jacuzzi om nie die hele huis nat te maak na die badkamers toe nie. Daar is ook 'n klein yskassie en 'n 12 kg-ysmasjien langs die braai.

Daar is skadunet-parkeerplek en die huis het 'n 24 uur-sekuriteitstelsel. Die huis werk met Eskom-elektrisiteit, maar noodligte en 'n 5000 liter-watertenk is beskikbaar indien nodig.

WilruWilthu is 1 km van die Krokodilrivier af en 950 m vanaf 2 winkelsentrums geleë vir noodsaaklikhede, 'n drankwinkel, 'n restaurant, 'n bakkery, 'n kunswinkel, 'n slaghuis en 'n vulstasie. Besoekers aan Marlothpark kry die geleentheid om 'n wye verskeidenheid wild te sien wat vrylik rondloop, asook die geleentheid om ander aktiwiteite soos voëlkyk, fietsry en stap te geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

6

4 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Kinderbed vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Eddie D
Gesin met klein kinders
5.0
Great breakaway. It was peaceful and such an awesome place to stay. The kids enjoyed the jacuzzi. There was one issue which the host so...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Deon P
Saam met vriende
5.0
Bosveld en diere. Goeie ligging, baie diere het kom kuier.
Mei 2024
Lizanda J
Gesin met klein kinders
4.6
Lekker gemaklik met kinders. Ons het die kuier baie geniet. Dit was gemaklik en veilig vir die kinders.
Okt 2023
Heinrich V
Gesin met klein kinders
4.4
Baie lekker gekuier. Baie lekker gebly. Het die diere geniet wat kom kuier het. Hulle sal ons definitief weer sien.
Apr 2024
Rika L
Saam met vriende
4.0
Baie lekker, diere baie mak en rivier pragtig. Goed toegerus, prakties en lekker binnebraai.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink WilruWilthu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2abac4b9324ed24edfc11f5e09b27b3abf01ba049b9c410528c1c009b936805f1f2a42005a5732030dda973e58e2b0740fee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 10) 18 5 1 5 2441 Woodpecker Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.3447004 31.7822015

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang