Xisaka Guest House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
- Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Xisaka Guest House is in Kremetart in Giyani en is die ideale basis om die area te verken. Dié gastehuis is 15 km vanaf die Hudson Ntsanwisi-dam, wat ’n gewilde area langs die Soutpansberg-Limpopo-voëlkykroete is. Die Letabarivier loop deur Giyani en die bosse langs die rivieroewer maak voëlkyk interessant. Hierdie gastehuis is 84 km vanaf die Krugerwildtuin se Punda Maria-hek.
Gerieflike verblyf word in 20 smaakvol versierde gastekamers gebied. Die kamers het verdonkergordyne en gerieflike beddens. Elke kamer het ’n TV met sekere DStv-kanale, ’n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en individuele lugversorging. Gratis WiFi is by die gastehuis beskikbaar. Ontbyt is ingesluit en aandete kan op versoek en teen ’n ekstra koste bespreek word.
Daar is ’n lapa wat 70 gaste kan hou op die perseel en kan gebruik word vir klein konferensies of vergaderings. Daar is ook ’n klein venue met lugversorging vir 15 gaste. Die gastehuis het ’n swembad en aparte swemhanddoeke kan versoek word. Die gastehuis is in ’n groen area en bied ’n lieflike uitsig oor die tuin.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3/5
Paseka Patricia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 40 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Nyala-rylaan 257, Kremetart, Giyani, 0826, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang