Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1629 resensies.
"Beste plek om weg te kom van die gejaag en stad met pragtige natuurskoon en rustigheid."
"Dis pragtig vir 'n oornagplek, maar daar is niks meer om te doen as om net die stilte te geniet nie en dit kan dalk uitdagend wees met tieners. "
"There's a lot to do in and around Worcester and it's a beautiful town surrounded by views of the mountains."
"Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer."
Rawsonville, Breederiviervallei
Avondrood Mountain House"Dis kleiner as wat ons gedink het. Daar is skynbaar nie 'n apteek nie. Worcester is egter naby genoeg as jy regtig iets soek wat nie beskikbaar is nie. Die mense was oral waar ons gekom het baie vriendelik."
"I don't know how you survive in that heat. We were very happy to have cooler weather and even a few drops of rain while running Prison to Prison marathon."
Rawsonville, Breederiviervallei
Monte Rosa Guest House"Rawsonville is 'n oulike plekkie met baie mooi wynplase vir lekker wynproe. Pragtige omgewing. "
Prince Alfred Hamlet, Breederiviervallei
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"Uitstekende verblyf en uiteet bestemming. Baie om te sien en te doen. Diens was goed tot uitstekend. Wees net versigtig met keuse van restaurante.Lees vorige besoekers se resensies eers voor 'n mens besluit. Olive Grove restaurant in die Tulbagh hotel is uitstekende waarde! Mens moet maar net jou huiswerk doen om die beste vir jouself te kies. "
"Dis 'n oulike dorp om te ontspan, ook lekker baie wynplase naby en ook Ziplining."
"Worcester is baie mooi en daar is so baie om te verken. Ons sal definitief teruggaan."
"'n Pragtige, vriendelike en skoon dorp! Sal Tulbagh graag weer wil besoek."
Rawsonville, Breederiviervallei
Slanghoek Mountain Resort"Pragtige omgewing so tussen die wingerde en berge! Dorp se hoofstraat is geen advertensie vir die dorp of omgewing nie! Huidiglik is dit beter om die hoofstraat vermy!"
Rawsonville, Breederiviervallei
Slanghoek Mountain Resort"As jy van goeie wyn hou is dit 'n moet. "
"'n Baie mooi en klein dorpie! Ons het ons aandete by die Olive Terrace baie geniet."