Geverifieerde Resensie
Cederberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cederberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 974 resensies.
"Ons het die dorp besoek tydens hulle jaarlikse blommefees. Die strate was pragtig getooi met blomme. Die winkel-eienaars het moeite gedoen om die plek op te vrolik. Daar is 'n koffiewinkel met die pragtigste tuin oorkant die toeriste-inligtingskantoor. Ons is met sakke tee en leerskoene terug huis toe."
"'n Sentrale punt vanwaar mens baie plekke kan besoek, veral tydens blomseisoen."
"Besoek asb. die museum. Die toergids is die aangenaamste persoon wat ek nog ooit beleef het en sy ken die geskiedenis baie goed. "
"Die hoofstraat waar die Hotel is, is te nou en die sypaaitjie kan nie 2 mense langsmekaar loop nie."
"Pragtige area, Pakhuis pas en Biedouw vallei was uitsonderlik. Was al by die blommeskou vantevore, jammer dat dit die afgelope 2 jaar nie daar was om te sien nie."
"The place to be in flower time. Plenty to see and do. Will overnight again in Clanwilliam."
"Lewendige dorpie met heelwat fasiliteite en besienswaardighede in die omgewing. 'n Moet tydens die blomtyd."
"Ry uit na Wuppertal - dis 'n ongelooflike mooi omgewing en verseker die rit werd."
"Ons was in blommetyd daar, op 'n Saterdagoggend. Die dorp was besig met "locals" en besoekers. Daar was pragtige rieldans vertonings, kunsgalery met goeie gehalte kuns, mooi geskenkwinkeltjies, museum, pragtige ou geboue en restaurantjies. Dit is ook 'n goeie afpakplek om die omgewing rondom te verken as mens in een van die vele selfsorg gastehuise wil bly. Daar is 'n yslike mega-Spar op die dorp wat alles het wat mens moontlik kan nodig hê. Ons het die Biedouwvallei gaan verken van hier af - 'n gemaklike heen-en-terug dagbesoek. Vat gasstofie en piekniek saam en stop by een van die vele uitkykpunte in die Pakhuispas."
"Mense moet vroegtydig by restaurante bespreek vir aandete. Die goeie restaurante raak vinnig vol as daar baie toeriste is."
"Ons het die natuurskoon in die Sederberge baie geniet. Het op die rotse gaan rondklim soos bobbejane. Die gids, 'n pragtige kolliehond het al die pad saam met ons gestap."
"Fantasties, baie mooi passe gery, veral die Uitkykpas was verruklik mooi, veral nou met die blommeseisoen."
"Dam was full, we walked through an empty dam the previous time! Drought!"
"Baie gerieflike bestemming in blommeseisoen. Maar daar is soveel meer om te ervaar."
"Lieflike landelike dorpie met goeie eetplekke en ’n verskeidenheid van inkopiebestemmings."
"Ons het op aanbeveling van die gasvrou die Moedverloorpad gaan ry en het dit baie geniet."