Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1815 resensies.
"Colesberg het seker maar sy mooi in die niksheid om hom. Dis altyd vir my so asof die stilte mens begeester en die kilheid van die winteraande maar net nie onder mens se vel kan uitbly nie."
"Wat 'n verrassing! Gewoonlik ry ons verby en slaap elders oor. Pragtige Karoodorp met interessante geboue en vriendelike mense. Winkels het als wat die reisiger nodig het om voorraad aan te vul en ook genoeg plekke om die honger te stil."
"Colesberg bly steeds een van die aangenaamste klein dorpies om oor te bly vir 'n dag of twee."
"Baie oulike restaurante, indrukwekkende ou geboue en vriendelike mense."
"Sal definitief sê dit is 'n dorpie waarvoor mens meer as net 'n halwe dag voor benodig."
"Die Plattelander eetplek is baie goed! Kos was vinnig gereed en baie lekker boerekos!"
"Dit is, veral vir die toeriste vanaf die noorde van ons land, 'n halfpad oornagplek. "