Verified Reviews
Hazyview-Vakansiedorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hazyview-Vakansiedorp
Rated 4.1 out of 5 based on 14 reviews.
"Daar is omtrent geen teerpad nie. Gevaarlik om te ry. Inwoners, asook die polisie gaan ander voertuie verby sonder om die aankomende verkeer in ag te neem, ook nie veilig by die winkelsentrum nie."
"Twee behoorlike inkopiesentrums en baie naby aan Krugerwildtuin met veilige roete na Phabenihek."
"Pragtige natuurskoon en naby verskeie besienswaardighede o.a. die Nasionale Krugerwildtuin."
"Die dorp is bietjie besig, maar gerieflik sentraal van al die besienswaardighede."
"Die dag se besoek aan die Krugerpark en Sabie is beslis die moeite werd veral as jy oorslaap by Bubezi Gastehuis."
"Ek dink die dorp as sulks is uitstekend geleë vir 'n reisiger na die Laeveld. Ek dink wel die paaienetwerk kort aandag, maar dit behoort nie 'n reisiger weg te hou nie. Twee groot winkelsentrums wat min of meer alles bied wat jy nodig sou hê indien jy iets by die huis vergeet het is beskikbaar, maar, dit gesê, kan die reisiger net so wel hier sy aankope kom doen sonder om met 'n oorlaaide voertuig die pad aan te durf. Ek moes 'n battery op my 4x4 vervang en het dit by Midas kon doen teen standaardtariewe met uitstekende diens."
"Die dorpe in die platteland van Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar agteruitgegaan en die werklike "omgee" en die algemene indruk van die dorpe laat maar aan veel te wense oor. Vuil strate, swak paaie, met ongelukkig baie leeglêers word maar oral gevind en soms is jy as toeris maar bekommerd oor jou eie veiligheid, aangesien jy maklik onderskei kan word van die plaaslike inwoners. Die grootste voordeel vir Hazyview is natuurlik sy klimaat en sy ligging so naby die Krugerwildtuin."
"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."