Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 189 resensies.
"Net vir oornag, die dorpie is aan die agteruitgaan. Paaie in dorp baie sleg, grondpad waar ek gery het."
"Tipiese plattelansde verval van dorp met laaste paar inwoners wat probeer om die ketel aan die kook te hou."
"Dit is 'n klein dorpie met geen restaurante in die aand, maak seker jy het alles om self kos te maak."
"Nie baie gesien nie, maar wat ons wel gesien het, was interessant. Die naam van die dorpie is vir my pragtig en sê baie."
"Daar is die rivier en dis 40 km vanaf Orania, maar die dorp verval. Die paaie is sleg."
"Hopetown is goed geleë indien jy wou oorslaap om die omgewing te besoek soos Orania en Van der Kloof-dam."
"Ek wens net die restuarant was beter. Ons het baie swak diens gekry. Dis bitter vuil daar binne. Onbevoegde kelner en geen beheer. Omdat dit al restaurant is in die dorp moes ons maar daar eet. Kos was maar gemiddeld. "
"Het nie regtig die dorp gaan verken nie, maar dit wat ons gesien het was heel aangenaam."
"Ons het net daar oornag aangesien dit 'n goeie afstand van Yzerfontein was, sal nie sommer daarheen gaan vir vakansie nie."
"Het nie die dorp gaan verken nie, so ek kan nie sê wat se besighede het hulle nie. A.g.v. slegte pad op pad Orania toe, was ek uitgerus en kon rustig ry en behoorlik konsentreer om slaggate te mis."
"Dit is 'n goeie oornagplek met min anders in die dorp self. Daar is egter heelwat toeristeaantreklikhede in die omgewing."