Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Wonderlike plek. Besoek ook die kerkhof en vind Helen Martins se grafsteen!"
"Die dorp het potensiaal. Museum bied dorpstoere aan, maar mens hoor dit eers as jy die museum besoek. Verder was net Shoprite, OK en restaurante oop, tussen Kersfees en Nuwe Jaar. Maak dit nogal 'n missie om melk te koop. Beter fokus sal help om potensiaal te ontgin."
"Skoon en stil dorpie. Min eet- en wegneemeetplekke om van te kon kies in die tyd wat ons daar oornag het."
"Die dorp was baie besig en ons het selfs gesukkel net om brandstof in te gooi en vleis te koop. Mense was steeds vriendelik en bedagsaam."
"Die vallei van verlatenheid moet vir seker besoek word. Die "Windmill Junction" is ook 'n moet om besoek te word. Hulle bedien die heerlikste koffie en het 'n pragtige restaurant en winkel."
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."
"Die dam was 110% vol tydens ons besoek en die oorloop was ongelooflik. Net jammer van die piekniekplekke wat so vol gemors was."
"Alles was ongelukkig reeds toe met ons aankoms, maar ons kon deur die dorp stap. Baie skoon."
"Die Gariepdam is na al die heerlike reëns besig om oor te loop en is dit die moeite werd om te aanskou."
"Daar is besienswaardighede, maar dit moet bemark word. Inligtingstukke behoort in die kamers van gastehuise beskikbaar te wees."
"Dorpie is mooi skoon. Strate kort so bietjie instandhouding, maar dit is die ideale halfweghuis vir reisigers."
"Die dorp se stemming bring rustigheid en nostalgie mee. Heerlike rusplek op die lang pad tussen die noorde en die suide."