Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Angler & Antelope Guesthouse"Pragtige dorp. Baie goed in stand gehou. Het slegs oornag."
"Ons geniet die feit dat ons absoluut kan wegkom van die stede en net na aan die natuur kan kom."
"Pragtige dorpie, sal vir seker weer die dorp besoek en vir seker weer by 81 on Church aanbly."
"'n Interessante Karoo-dorp, maar die fasiliteite is maar dun. Ons moes werklik hard soek om 'n skaapvleisie te kry - ons het gebrip vir die droogte, maar dis goed om bedag te wees indien 'n mens ver ry en dan gou ietsie wil aanskaf vir 'n braai of 'n pot."
"Overnight stay was to see the flood museum. Interesting and well-run museum."
"Pragtige dorp met die mooiste kerk. Net jammer van lastige bedelaars wat mens onveilg laat voel in die omgewing van die Spar."
"Een nag oorslaap, sien pragtige kerk en besoek antieke winkel. Baie lekker geëet by Pioneers restaurant en vriendelike diens."
"Pragtige plattelandse dorpie, moeite werd om by te stop en tyd in te spandeer. Vriendelike mense. Sal beslis wil teruggaan en nog meer wil sien."
"Dink daar is heelwat om te sien as jy bietjie tyd het. Vallei van Verlatenheid, motormuseum, antiekmotor-dorpie, historiese kerk, antiekwinkels, kunsgalerye ens."
"Baie meer as net die Uilhuis om te ervaar. Neem ook baie kontant saam oor daar min kaartgeriewe is."
"Alles wat mens nodig het vir oorslaap, insluitende ’n restaurant. Gariepdam is ook gerieflik naby aan die hoofroete."
"Pragtige omgewing en sou graag wou ry na Putsonderwater en langs die Oranje wou verken."