Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Steynsburg kan doen met 'n restaurant waar mens kan aansit vir ete en ontspan na die dag se ryery."
"Dis so mooi en skoon plekkie om te rus na 'n dag moeg op die pad en die mense is so vriendelik."
"Besoek gerus die Manna Restaurant. Fantastiese Karoo-kos geniet. Was totaal verstom om 'n so 'n gehalte restaurant in die middel van die Karoo te ontdek."
"'n Goeie oornag plek met 'n verskeidenheid verblyf keuses maar te min keuses wat restaurante betref. Innie-Kraal restaurant is uitstekend wat betref spyskaart, diens, dekor en atmosfeer en het reeds my reisegers-vriende na Innie-Kraal verwys."
"Die dorp se water was af tussen 6pm en 10pm. Dit was sleg. Dis blykbaar 'n gereelde probleem."
"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"
"Hotel se restaurant fantasties,pragtig binne, diens uitstekend en kos uitstekend. Kok kom self om en knoop geselsies aan."
"Colesberg is eintlik 'n klein dorpie met uitstekende mense. Baie behulpsaam. Ek is seker dat mense graag daar oorbly."
"Dit is n baie interessante en aangename plek om te besoek."
"A very gentle interesting town. Would have liked more time to explore."
"Ek kan Bordeaux Restaurant aanbeveel vir aandete, baie lekker kos en goeie, vinnige diens."
"Ons was op 'n wonderlike bootrit op die Gariepdam. Dit was pragtig om op die water te wees. Die toergids het soveel kennis gehad en het die rit nog meer interessant gemaak."