Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Die Vallei van Verlatenheid bly een van my gunstelingplekke om te besoek - die natuurskoon is ongelooflik! "
"Dit is 'n lieflike dorpie en verdien 'n besoek. Die Uilhuis en fossiele is 'n moet. "
"Pragtige Karoo-dorpie! Soveel om te sien en doen! Vriendeliker mense as in die Karoo kry jy nie! "
"Mens behoort 'n paar dae oor te bly om die dorp en omgewing te kan verken - dit is beslis die moeite werd om op pad hier 'n tydjie oor te staan."
"As 'n mens van die grootpad afdraai en juweeltjies opsoek is die Karoo 'n fantastiese bestemming!"
"Besoek aan die NG Kerk met die hoogste toring in die Suidelike Halfrond en Marguerite Beneke se glaswerkgalery is absolute moet. Die dorp se tuinhekkies is vreeslik mooi en kreatief."
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."
"Besoekers aan Graaff-Reinet moet beslis Camdeboo Nasionale Park besoek, en meer spesifiek die Valley of Desolation. Verdermeer, as tyd dit toelaat, 'n uitstappie na Nieu-Bethesda sal ek hoog aanbeveel. "