Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"'n Perfekte plekkie om te verken en by te rus. Veilig, skoon en prentjiemooi. Hier is oorgenoeg restaurante om van te kies en te keur, pragtige strate om in te wandel, winkeltjies om te verken en 'n bekroonde museum om te besoek. Doen jouself 'n guns en gaan op een van die Story Weaver se toere op jou eerste aand hier. So sal jy die mense, geskiedenis en gemeenskap op vermaaklike wyse leer ken en die res van jou verblyf terdeë geniet. "
"Die tekening van die oewerkonyn is nie baie duidelik nie en ongelukkig kon ons nie op die uitstappie gaan om hulle te besigtig nie. Daar kan baie meer gedoen word om die dorpie te bemark."
"Die hotel se diens (eet) en gehalte van kos is swák. Swartberg arms se diens (kos) en gehalte ook swák. O Olive baie goed."
"Oulike plek met baie te sien as jy die moeite doen om daardeur te stap. Netjies."
"Wanneer mens deur Victoria Wes reis, besef mens glad nie dat dit eintlik 'n pragtige dorpie is nie. Ons sou bitter graag nog 'n bietjie langer wou vertoef om die dorpie verder te verken. Ons was aangenaam verras."
"Dit blyk 'n populêre bestemming te wees; die omgewing is pragtig."
"'n Lifelike dorpie waar mens gerus vir 'n ekstra dag kan oorbly. Camdeboo Nasionale Park is definitief 'n besoek werd, asook die Groot Kerk. "
"Hulle kan gerus die strate teer. Dit kan net goed wees vir die dorp en die toeriste."
"Loxton is 'n tipiese slaperige Karoodorpie. Pragtig, in die middel van nêrens."
"Dis 'n skoon dorpie en mens kan rus. Anders as die die dam is daar nie aktiwiteite nie. "
"Twee aande is miskien 'n goeie idee om meer 'n gevoel te kry wat daar aangaan. Daar is wel oulike kunswinkeltjies."
"Ek het daar groot geword en kon nie glo hoe baie dit uitgebrei het nie. Al die groot kettingwinkels is nou daar."
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Winkeltjies is beskikbaar in die omgewing en die feit dat jy tyd by die damwal kan spandeer maak dit nog meer 'n rede om te besoek. Volgende keer wil ek bel om 'n damwal toer te reël."