Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"The Meat pies sold at Apple County Take Away are excellent and the Boerewors sold at Bokmakierie Butchery are a must!"
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"Daardie mense is nog regte mense. Sout van die aarde. Dit is baie mooi daar, baie besienswaardighede en ons het dit baie geniet. Ons het al die museums, Vallei van Verlatenheid en die kaktusplaas besoek. 'n Ware belewenis. Ook die uilhuis in Nieu Bethesda."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Ons is gewoonlik op pad êrens heen as ons deur Colesberg gaan, maar ek is seker daar sal baie te doen wees vir die Karoo siel."
"Werklik 'n verrassing - daar is heerlike kuierplekke oral en almal het ons baie hartlik ontvang."
"'n Sielsverrykende ervaring. Sal baie graag weer wil teruggaan, en die stilte en dorpsgeluide gaan inasem. Karoo is 'n belewenis deur Nieu-Bethesda! "
"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "
"Pragtige, rustige omgewing, sal langer as net 1 aand bly - kan sommer 'n week of langer bly."
"Die stuk grondpad tussen die teerpad van Graaff-Reinett na Nieu-Bethesda is in haglike toestand, nie goeie advertensie vir die dorp. Baie eetplekke en spesiale dorp met rustigheid, die Lorimar fietstoer was die moeite werd."
"Ek was aangenaam verras met die aantal aktiwiteite wat in die omgewing moontlik is. Gariepdam is 'n juweel wat verdien om meer besoekers te trek (nie net die dam self nie, maar ook die omliggende omgewing)."
"Die dam sal goeie toerismebestemming wees vir iemand met 'n seilboot. Andersins seker net dag en twee nagte oorstaan."