Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"Baie oulike plaasdorpie met 'n groot geskiedenis en gelukkig redelik skoon op straat met goed versorgde ou geboue. Wat ons wel opgeval het toe ons in kom was dit rommelrig en nie so skoon nie, maar dit is omdat jy die plakkers en armer buurt deurkom, tog dink ek omdat dit so oulike geskiedkundige dorpie is moet die owerheid of munisipaliteit sorg dat dit skoon en versorg is om die besoeker te beïndruk. Armoede hoef nie vuil te wees nie as dit skoon sou weer sou dit 'n pluspunt wees vir vir 'n toeris en dit beïndruk dat daar goeie stadsbestuur is."
"Baie mooi, dit was nogal hartseer om te sien hoe leeg die dam is. Maar dit bly nog pragtig."
"Beaufort-Wes was baie aangenaam gewees. Ons kon ook die Karoo Nasionale Park gaan besigtig, aangesien dit lekker naby was."
"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "
"Dit is pragtig maar tans met die droogte is die dam so leeg. Ons vertrou dat die droogte spoedig sal opklaar. Tans is Gariepdam dus net goed vir oorslaap."
"Ons het 'n klomp boeke by 'n primêre skool ongeveer 35km van De Aar op die Philipstown pad, naby die Houtkraal stasie, gaan aflaai. Dan is daar net buite die dorp, aan die oostekant, die reuse sonplaas. Nogal indrukwekkend om dit te sien. Die skaal daarvan. "
"Pragtige Karoo-dorpie met opregte Karoo-vriendelikheid wat 'n mens net in die Karoo teëkom. Mooi omgewing."
"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."
"Het nooit geweet in so 'n klein dorpie is daar so baie om te sien nie en 2 dae is net te kort, sal definitief weer kom besoek."
"Dit is en bly 'n gerieflike halfwegstasie vir reisigers vanuit Gauteng."
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Die dorpie en die dam is die moeite werd om 'n draai voor te ry en daar te oornag oppad tussen die Kaap en Gauteng. "
"Wat 'n verrassing! Gewoonlik ry ons verby en slaap elders oor. Pragtige Karoodorp met interessante geboue en vriendelike mense. Winkels het als wat die reisiger nodig het om voorraad aan te vul en ook genoeg plekke om die honger te stil."