Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1335 resensies.
"Ek sal dit vir almal daar buite aanbeveel. Dit is 'n oulike plekkie, mens voel sommer tuis. Baie netjies en skoon. Ons was vriendelik verwelkom, ons sal definitief weer hierdie plekkie boek!"
"Besighede was nie oop nie oor die Paasnaweek nie. Vakansie-atmosfeer is fantasties met goeie water-vermaaklikheid."
"Knysna is baie mooi en skoon. Daar is baie aktiwiteite om in Knysna te doen."
"As jy nog nooit daar was nie, maak 'n plan. Ek sal baie van my volgende vakansies in die omgewing hê."
"Daar is soveel ryk geskiedenis in Knysna en omgewing dat dit dalk wys is om 'n bietjie na te lees oor die dorp of van 'n toergids gebruik te maak, anders mis jy dalk van die weggesteekte juwele!"
"Vir waaghalse is daar bungy jump, jy kan valskerm doen, of gaan dive naby sharks. Ons het 'n bootreis geniet en staproetes in die pragtige natuur besigtig. Daar is genoeg plekke by waterfront waar jy kan gaan eet. Ons het dit baie geniet veral die oesters."
"It's a great place to stay and I'll always be coming back to Knysna with my family."
"The gin bar and distillery is a must but the pizza next door at Maillard's with a sour dough base is a game changer!"
"We were there about 5 years ago and I could tell the place is not as well kept as before, litter all over the town, really sad."
"Alhoewel die infrastruktuur redelik onder druk is gedurende die vakansieseisoen, bly Knysna en omgewing 'n lekker toerismebestemming met baie om te sien en doen vir oud en jonk."
"Ongelukkig het Knysna sentraal erg agteruit gegaan oor die laaste 15 jaar (in my opinie). Die enigste plekke waar daar goeie restaurante geleë is was Thesen's en die Waterfront en vir albei moes ons in die kar klim en ry."
"Met die hulp van ons gasheer het ons presies geweet waar om wat te doen of te kry. Vriendelike mense in die hele kontrei."