Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Vaalwater se bosveld is pragtig en mense wat van die bosveld hou gaan Vaalwater baie geniet. Perfekte wegbreek uit die stad uit en nie te ver om te ry nie."
"Baie mooi en heerlike vars lug. Maar net bedoel vir naweekmense. Baie plekke nie elke dag van die week oop nie omdat daar nie toeriste is nie. Magoebaskloof moet liewer net op naweke besoek word. "
"A small town, the main attraction is the various Wildlife reserves, game farms and related attractions."
"Vrek oulike plek. Sal vir enige iemand wat van natuur en rustigheid hou dit aanbeveel."
"Vaalwater self is net 'n plek waar jy voorraad kry. Dorpie is maar baie vervalle. Omgewing rondom is pragtig."
"Die omgewing van Thabazimbi is pragtig mooi. Sommige strate is baie skoon en sypaadjies versorg en ander is onversorg. Ons het 'n Doop en Nagmaal-diens in die NG Kerk bygewoon wat 'n wonderlike belewenis was!"
"Struggled to find a country stall to get some fruit and homemade goodies. Ended up driving around without much joy."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Mabalingwe Itaga 619"Is 'n natuurreservaat vir volwassenes en kinders. Baie om te doen of net om rustig by die huis te sit en te ontspan. Sal beslis aanbeveel."
"Ons het by Nylsvley natuurreservaat gaan voëls kyk. Die vleilande is vol water en dit lyk fantasties. Ons het 'n oorvloed watervoëls gesien."
"Sal beslis bietjie langer wou bly. Heelwat om te doen bv. die wildreservaat, interessante restaurante, ens."
"Ek self was nog nooit in Vaalwater nie, dit was my eerste keer. Met al die reën was als lowergroen. Prentjiemooi plek en omgewing. Sal beslis weer besoek. Dis waar my siel rus kan vind. "