Geverifieerde Resensie
Midlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Midlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 567 resensies.
"Nottinghill Road verras jou om elke hoek en draai. Moet tyd hê om al die amazing plekkies te ontdek en te verken. Ongelooflike restaurante en koffieplekkies, bakkerye, pizza, kuns en staproetes. Blomm tuine oor die hele area."
"Ons geniet dit om ons reis vanaf die Suidkus terug Gauteng toe met 'n nag hier in die Midlands te verleng. Ons is elke keer aangenaam verras en sê elke keer volgende keer bly ons bietjie langer. Dis so mooi en lekker hier! Asemrowend groen huidiglik!"
"Definitely a must on your bucket list. Got to experience Country Life. So different from city life. So laid back and peaceful. Loved it and will definitely be back soon."
"Dink Midlands Meander is baie mooi. Kan dalk net meer doen vir veiligeid by die watervalle."
"Van uiteet tot die adrenaliensoekers of natuur-liefhebbers, Howick bied alles"
"Mooi klein dorpie met alles wat mens benodig. Die Midlands is asemrowend mooi met baie om te doen."
"Ons geniet dit altyd in hierdie omgewing met al die besienswaardighede en Natalse gasvryheid!"
"Die natuur is asemrowend en ons tydjie was te kort om die omgewing meer te explore. Ek het bietjie meer verwag van die winkels spesifiek in die omgewing. Piggly Wiggly het uitsonderlike winkels, maar die pryse was onbetaalbaar hoog."
"Ongelooflik goed versorgde winkeltjies en omgewing. Pragtige natuurskoon. Sal vir seker aanbeveel."
"Soveel om te doen, sien en te beleef, jy sal nie verveeld wees nie! Maak net seker dat die winkels en restaurante wel oop is op die dag wat jy soontoe wil gaan - sommige plekke lyk permanent gesluit."
"Pragtige roete met baie mooi winkels en eetplekke. Herinner baie aan Clarens, behalwe dat daar baie meer te sien en te doen is."