Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Daar is nie baie om te sien op Queenstown nie, behalwe die wildplase. Daarom sal ek dit nie as 'n toeristebestemming aanbeveel nie."
"Wil graag Derick's Auto Electrical in College-weg (N9-deurpad, om die hoek van die koperasie) aanbeveel. Die jonge, pasgetroude man het die dag na Nuwejaar self ingespring (sy arbeiders het nie opgedaag nie) om ons in 'n japtrap te help met 'n kritiese elektriese probleem in ons voertuig. Hierdie Gautengers voel steeds skuldig oor hoe min hy ons daarvoor gevra het, gegewe hoe verleë ons oor sy hulp was. "
"Ek het as 'n jong man in Donald-weg in Vincent gebly, so ek ken die omgewing baie goed en dit is sentraal."
"Ek het hierdie keer net oorgeslaap op pad na my nuwe huis in Napier, maar het voorheen reeds die Camdeboo Reservaat besoek waar verruklike natuurskoon is om te besigtig."
"Good location for the sea, promenade, beach walks, shops and restaurants. Love the waves crashing through the rocks!"
"Wat 'n verrassing. Dit is 'n ongelooflike vakansiebestemming. Geen vertrapping van toeriste nie, heerlike strande en riviermond, ongelooflike natuurskoon en naby alles as jy groot winkelsentrums mis."
"Jy moet baie lief wees vir die natuur, selfonderhoudend wees en in jou eie brandstof kan voorsien. Moenie Tiffendell ski-oord mis nie, dit is nou heeljaar oop. Pragtige omgewing in die somermaande."
"Ongelooflike mooi en skoon strande. Pragtige, ongerepte natuurskoon en heerlike vars vis op die dokke! "
Addo Elephant Park, Eastern Cape
Addo Self Catering"Ongelooflike spesiale ervaring! 'n Moet vir almal wat in Suid-Afrika woon of daar gaan vakansiehou!"
"Interessante dorpe met 'n warmte en winkeltjies wat ons asems weggeslaan het."
Addo Elephant Park, Eastern Cape
Lenmore Chalets, Restaurant, Deli and Bakery"Brilliant experience. Saw a lot, including lions. We as a family said we will do it yearly."
Somerset East (KwaNojoli), Eastern Cape
Aloma House"Die ligging is pragtig - aan die voet van die berge, in ‘n rustige omgewing. Dis omring deur netjiese boerderye, en die pad daarheen is goed."
"Lieflike dorp. Sal beslis moet terugkeer om die ander besienswaardighede, museums en natuurskoon te ervaar."
"Was nie seker waar die restaurante was nie, maar het gou by 'n vulstasie uitgevind."