Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Nie veel te doen in Botrivier self (behalwe die hotel), maar die omliggende wynplase, asook die nabyheid aan ander dorpe maak dit 'n wonderlike ligging."
"Baie stil, voel veilig en ek hou van die geleentheid om tyd op die strand deur te bring - strand het toilette en strandgebied is skoon en maklik toeganklik."
"Hermanus is a lovely town with some stunning restaurants - our favorite was Fabio's Italian and of course Bientangs Cave on the waters edge."
"Witsand is altyd lekker om na heen toe te gaan, maar die kersie op die koek was Infanta die keer by verre lekkerder, die rit oor die Pont was weer deel van my kindwees ervaringe wat my weer lekker laat lag het! Beslis 'n treffer gewees!"
"Die wynplase is wonderlik en die Railway Market 'n groot plus. Die Krimi Fest is 'n briljante konsep en iets wat ek weer sal bywoon. Dit kom wel voor asof die dorp se infrastruktuur 'n bietjie aandag kort (paaie, netheid, ens.)."
"Die winkeltjie agter die hotel het omtrent enigiets wat jy nodig sal hê - beste plek om hout te koop."
"A fun, exciting area. Looking forward to a new crocodile cage diving experience opening shortly in Gansbaai. Their restaurant, Afrikanos, is already open and it's a great place to relax and enjoy local wines and ciders and yummy grub. "
"Die dorpie se individuele huise is mooi opgeknap en die strate vertoon netjies. Orals is interessante winkels en kuier plekkies. Dit sal dae vat om alles na behore te verken!"
"Mooi dorpie. Ongelukkig kon ons nie baie tyd in die dorpie self spandeer het nie. Mense was vriendelik."
"Dis stil en rusting en ek hoop dit bly so, want dis juis wat Struisbaai so 'n lekker bestemming maak."
"Baie stil en rustige plek. 'n Plek waar jy nog kan loop op die strand sonder om oor jou skouer te loer, waarlik 'n lieflike plek met 'n uitstekende klimaat ook."