Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Lekker geleë naby Waenhuiskrans, goeie winkels, naby L’Agulhas/Elim wynroete en Napier met sy heerlike restaurante! "
"Ek en my hele gesin het ons harte verloor op Kleinmond! Ons is klaar besig om te beplan aan ons volgende vakansie daar!"
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."
"Ek is baie lief vir Witsand, maar benoud dat hy ook gaan groot en kommersieël raak soos ander kusdorpe. Dis wonderlik dat dit nog taamlik ongerep is!"
"Suiderstrand se natuurskoon is baie mooi. Dit is net 'n bietjie ver van alles af en daar is geen winkels naby vir iets wat dalk vergeet is nie, maar gelukkig het ons gasvrou ons voor die tyd daarvan laat weet. Ons sal eerder volgende keer in Struisbaai self tuisgaan."
"Dit is voorwaar een van die mooiste toeriste attraksies waarvan min mense bewus is. Ek dink met beter advertensies op internet en sosiale media sal Witsand voorwaar in 'n toeriste toestroming verander. Baie mooi plek."
"Dit is voorwaar een van die mooiste toeriste aantreklikhede waarvan min mense bewus is. Ek dink met beter advertensies op internet en sosiale media sal Witsand voorwaar in 'n toeriste toestroming verander. Baie mooi plek."
"Dit het baie besiger geword in die vier jaar sedert ons laas daar was, maar daar is genoeg spasie by poele en op Struisbaai se strand dat dit nie beknop raak nie. Ek hou ook van die idee dat mens moet uitry van Bredasdorp af om daar te kom en dit is nie nog 'n kusdorp op die pad wat baie verkeer het wat deurry nie. Dit is heerlik om daar te stap op die geplaveide paadjies en baie veilig."
"Heerlik gekuier op die strand, alhoewel dit nie regtig 'n swem strand is nie was dit nog steeds lekker gewees. Ons het Grotto beach toe gegaan en baie tyd daar ook gespandeer - pragtige strand."
"Almal groet en is baie vriendelik. Kinders baljaar al te heerlik in die strate. Ek sal nogal dink dat hulle nader aan die "M, N of O" strate (in Pearly Beach Oord) ook 'n paadjie na die see toe moet maak, want dit is nogal ver vir die ou mensies om see toe te stap."
"As jy elke dag wil rond ry en die area wil besigtig, is daar baie om te gaan sien. Jy is ook nie te ver van die see af nie, so jy kan elke dag in 'n ander rigting in ry en die wêreld besigtig, dit is baie mooi deel van ons land."
"Villiersdorp being my hometown is always a win. And being there with friends from this side of Cape Town was great showing off Villiersdorp."
"Stanford is 'n pragtige en interessante dorp, die mense vriendelik en dis sommer net 'n lekker plek om op te gaan vakansie hou. Dis sentraal en 'n goeie basis waarvandaan mens die res van die omgewing kan verken."
Hemel-en-Aarde Valley, Overberg
Heaven & Earth Cottage"Dankbaar dat ons kon deel in die mooi van die Overberg."
"Pragtige natuur en uitsigte voorwaar 'n rustige plek om te ontspan."