Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Hopenlik sal die padwerke teen einde 2018 klaar wees. Bonnievale is 'n klein en nostalgiese dorpie met die vriendelikste mense. Alles wat mens benodig is beskikbaar in die dorp. Baie wynplase en besienswaardighede. Beslis 'n dorpie om by aan te doen."
"Hermanus was maar mos nog altyd 'n lekker wegbreekplekkie vir ons Kapenaars al van my jeugdae. Grottostrand is pragtig onderhou. Die volop fynbos was ook so mooi."
"Kleinmond is 'n juweel van die Overberg. As die weer nie saamspeel nie is daar soveel ander lekker goed om te doen en plekke om te besoek in die nabye omgewing."
"Dit is my aftree dorpie. Ek het baie verlief op Gansbaai geraak die eerste keer toe ek daar aangekom het."
"Pragtige plek, die hotel was ongelukkig toe weens 'n troue, maar behalwe dit, baie lekker."
"Lekker vakansieplekkie. Beste maraton in Afrika word deur Bredasdorp aangebied. Welgedaan."
"Very friendly place, lots to see and do, very nice restaurants and coffee shops. Popped into the Spar and was personally helped by the owner even though I was just buying a couple of bits to eat, never experienced such friendly service before. "
"Wynplaasrestaurante en Hermanus Pietersfontein Saterdag mark, asook plaaslike musiek in hawe maak besoeke interessant."