Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Die dorp word nie onder hou nie. Swak diens aan toeriste. Sal nie weer daar oornag nie."
"Als is binne stapafstand wat dit 'n heerlike verandering van altyd gebruik maak van motorvervoer."
"Pragtige omgewing met baie besienswaardighede. Baie van die paaie net gevaarlik met al die slaggate."
"Lieflike omgewing met hope om te sien en doen. Die aanwysing is egter soms verwarrend. Die bergpasse is per geleentheid senutergend aangesien motoriste hulle nie aan die spoedgrens, digte mis of verbysteek voor skerp draaie steur nie."
"Quaint village was not quite as I imagined it but interesting nonetheless."
"Ongelukkig het dit die hele tyd gereën terwyl ons daar was en dit was dus nie moontlik om alles te besigtig nie. Pelgrimsrus was baie teleurstellend omdat daar bitter min aangaan in vergelyking met vroeër jare. Robberspas is senutergend aangesien motoriste op skerp draaie motors verbysteek. Daar behoort beter spoedbedeer te wees. Die omgewing is egter asemrowend en die inwoners was oral gasvry, behulpsaam en baie vriendelik."
"Pragtige dorpie waar mens onmiddellik tuis voel en maklik sal kan kom nesskop."
"Ongelooflik mooi. Ons het die hele laeveld getoer en Sabie was die middelpunt. "
"I have always heard about Pilgrim's Rest over the years, but could not visit the area due to unforeseen circumstances and budgetary constraints. However I must say, the area is a must visit for the people especially those like me who likes outdoor life."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."
"Kaapsehoop is 'n dierbare klein vakansiedorpie met pragtige natuurskoon en ons sal graag weer daar gaan kuier."