Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Misty Mountains het baie aktiwiteite en is beslis moet besoek. Sabie het baie watervalle om te besoek en die mense is baie vriendelik. Die eetplekke is besig, maar baie gesellig."
"I just love that town. Next time I'm coming back. I will come back again to celebrate my birthday."
"Kaapsehoop is wat ek altyd gehoor het, prentjie mooi en klein deeltjie van God se almag is daar te sien."
"Dit is klein dorpie met 'n Spar en baie restaurant. Die Great Swing is ongelooflike ervaring sowel as om in die lift na die woud onder in die Gorge te gaan."
"Kaapsehoop is 'n dorpie wat sommer diep in jou hart kruip. 'n Moet vir die natuurliefhebber. "
"Beautiful travel destination, once in a lifetime experience, to say the least. "
"Sabie is sentraal en kan van daar af baie plekke in die Laeveld besoek. Sabie het goeie eetplekke."
"Die dorp self verleen nie tot baie toerisme aantreklikhede nie. Omgewing wel. Dorp kan dien as basis om omgewing te verken."
"Ons is motorfiets ryers en daardie berge is 'n droom om in rond te ry. Natuur is besonders. Mal oor die mis vroegoggende. Ons love die Laeveld. "
"Stil dorp met baie potensiaal. Die hysbak wat in die ravyn afgedaal het, was iets besonders. "
"Dorp se infrastruktuur is baie vervalle, maar daar is baie vir toeriste om te doen."
"Die plekkie gaan agteruit wat baie hartseer is, maar die natuurskoon kan nooit agteruit gaan nie. Dit bly pragtig daar!"
"Pleasant, relaxing vibe. Woodsman complex has great bar and restaurant, charming and quaint bookstore downstairs with stunning gift shop and coffee shop, all owner/family managed and run."