Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Beste verblyf vir Innibos, perfek absoluut geen probleem net 'n bederf!"
"Graskop is klein dorpie, maar dis baie skoon en sommer baie naby wonderlike natuur en ander besienswaardighede soos Pelgrimsrus, God's Window en vele meer. Lekker plekkie!"
White River Country Estate, Panoramaroete
Pinehurst Place"Baie veilige landgoed, en mens kan met geruste hart daar bly."
"Ons hou baie van die omgewing - daar is baie besienswaardighede en lekker naby die Krugerwildtuin."
"Die onderdorp is beter as die bodorp. Dit is ongelukkig vuil en die smouse en karwassers bederf hierdie nasionale erfenis."
"Die kos by Bohemian Cafe is uit die boonste rakke. Bespreek maar eerder, hulle kan besig raak."
"Altyd 'n plesier om Sabie en omliggend te besoek. Een van die mooiste plekke in ons land."
"Kaapsche Hoop of Kaapsehoop is ‘n wonderlike stukkie natuurskoon met vriendelike mense oral waar jy heen stap. Verskeie restaurante en wandelroetes bekroon die aktiwiteite hier. Die Koek en Pan restaurant kan ons hoogs aanbeveel met heerlike disse wat jou mond sal laat water. Sondagaandete sal ‘n uitdaging wees en is slegs Salvador Main Street Bistro ‘n heenkome vir ‘n ete. Die hele dorp stroom dan daarheen. Hul kosse is uit die boeke met billike pryse."
"Fix your sewage problem, you beautiful waterfall smelled foul. Otherwise a nice town and a great base from which to explore the area."
"Wonderlike natuurskoon, ons tyd was te min, en moet beslis weer gaan om alles te besigtig, ons beplan klaar vir dit."
"Maak seker oor watter paaie om te vat, want daar is maar 'n paar slegte grondpaaie."
"Die roete self is pragtig en beeldskoon. Ek het net 'n pyn dat 'n mens orals moet betaal as 'n Suid Afrikaner net om te sien wat in ons pragtige land aangaan. Die ergste van alles was toe ons R63 per persoon moes betaal net om Bourke's Luck potholes te sien. Ek dink dit is waansinnig en dra by tot die rede dat Suid Afrikaners minder uitgaan om na ons beeldskone land te kyk. Ons moes selfs betaal vir die uitsig by God's Window."
"Sabie is nie te ver vir 'n naweek weg nie, sal dit aanraai, baie lekker bestemming baie om te sien en doen."