Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Dis jammer om die impak van die restaurant / drank / reisverbod op Paternoster te sien. Daar was so min mense die naweek daar. Dis ons gunsteling Weskus-bestemming en ek kry mense jammer wat daar woon en werk as als moet toe maak."
"Pragtige vissersdorpie! Sou graag dit wou besoek as die restaurante nie toe was as gevolg van die grendeltydperk nie."
"Alles was wonderlik, behalwe vir die klomp smouse wat mens elke keer lastig geval het as jy jou kom by die voordeur uitsteek. Wou of mossels verkoop of ornamente wat met skulpe gemaak is. Verstaan dit is buite die beheer van enige iemand, en realiteit van Suid-Afrika se ekonomie, maar dit was lastig."
"Paternoster het ons harte gesteel. Ons het letterlik alles en nog wat besoek. Ons komplimente aan al die dienspersoneel wat ons in elke plekkie mee gesels het, hulle diens was uitsonderlik en almal het ons laat welkom voel met vriendelike gesigte en glimlaggies. Paternoster het vir ons 'n onvergeetlike vakansie besorg en selfs die weer het saamgespeel. Ons sien julle definitief weer. Baie dankie. "
"Pragtige dorpie met heelwat om te bied vir toeriste. Ongelukkig word dit versuur deur smouse wat mens gedurig lastig val en nie die woordjie nee verstaan nie."
"I would have rated higher (great foodie and art destination with gorgeous beaches) but the youngsters harassing you on the weekend is quite off-putting. Week day visits are far quieter, but take note that many of the restaurants are closed on a Monday."
"Awesome holiday destination. Would recommend it to anyone that's looking for that peaceful and quiet, but value for money getaway."
"Dis 'n heerlike dorpie om in rond te loop, lewe is rustig, mense vriendelik en die winkeltjies - uitstekend!"
"Oulike rustige plekkie. Mooi uitsigte. Blikkies Pizza beslis 'n lekker restaurant. Vriendelike mense in Paternoster. Sal beslis weer kom kuier."
"Dit is net jammer van al die rondlopers wat aan die deur klop om seekos en ander goedere aan jou te verkoop."
"Wat 'n fantastiese plek. Nie net mooi nie, maar almal is so vriendelik en trots op hulle dorp. Ons sien julle binnekort weer."