Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."
"Was 5 jaar laas in die Strand, en was baie verbaas oor al die verbeterings wat aangebring is. Paaie baie lekker om op te ry, seefront baie mooi opgegradeer en baie mooi en skoon."
"Ons het al vele jare in die Strand gaan vakansie hou. Skoon strand met maklike stappaadjies. Ons verblyf by Cape Surprise het dit meer privaat gegee en maklike toegang tot die strand."
"Veilige strandfront. Vertrou dat kringtelevisie beskikbaar is. Meer sigbare polisiëring oor selfs die Paasvakansie. Gewapende roof by Cinnamon Square wek kommer by soortgelyke sentrums in die omgewing."
"Die Strand is 'n uitstekende toeristebestemming. Die wind kan egter soms lastig raak en omdat die Strand 'n gewilde plek is, kan dit by tye "nogal" besig raak. "
"The roads are in a bad condtion, there is also road works on the R44. Other then that its not bad at all. "
"Ek lief die Strand. Het self vir 'n paar jaar daar gewoon. Daar is so baie te doen en te sien in en om die Strand. Werklik 'n puik toeriste bestemming."
"Dit is n puik vakansiebestemming. Dis beide rustig en besig genoeg vir alle ouderdomsgroepe. Ons het ook baie veilig gevoel en kon selfs na donker langs die see gaan stap."
"Die Strand is altyd 'n plek om te besoek regdeur die jaar. Indien jy een maal daar was sal jy weer soontoe gaan. "
"Wat baie pla is die honde wat oral op die strand hul besigheid doen en dit onaangenaam maak om op die strand te gaan stap. Verder is dit 'n aangename plek."
"Pragtige strandgebied, lekker stap langs strand, pragtige uitsigte, maar bietjie van 'n veiligheidsrisiko, dronk mense voor ingang van die gebou, sekuriteit sit diep in die gebou, sien niks, doen niks."
"Ons het slegs familie gaan besoek maar was verbaas oor hoe baie daar te doen was. Lekker restaurante en die strand sommer naby. Die omgewing is nou pragtig nadat die area by die strand opgegradeer is met die looparea. "