Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.
"Daar is ongelukkig net te min om te doen as jy kinders het maar verder is die kos heerlik oral en die strande pragtig."
"Lekker somer-atmosfeer. Mooi strande, warm see en 'n absolute vakansiestad. Naby winkels en 'n puik "roadtrip" -area."
"Ons verkies stil plekkies en Port Shepstone is effe te bedrywig na ons sin."
"Baie om te doen! Naby aan Shelly Beach en Margate! Baie stande om van te kies."
"Awesome stay, would recommend to anyone, thanks again for the weekend and I look forward to visiting Pennington soon."
"Dit is 'n baie rustige plek, met vriendelike mense. Die vis by Fifi's Fresh Fish is uit die boonste rakke."
"Margate se kern lyk erg verwaarloos, maar Ramsgate is pragtig, skoon, gesinsvriendelik en mooi opgepas. Goed ingerigte Spar baie naby."
"The roads on the South Coast have deteriorated terribly and then place as a whole needs a little TLC, but we will keep going back."
"Hiberdene is baie meer bekostigbaar as die ander plekke op die die Suidkus en is naby genoeg om al die ander strande te besoek. Hiberdene is ook nie so druk besig met hoë seisoen nie. Dit is ook gerieflik met die winkels wat daar naby is met baie lekker wegneem etes en ook 'n kuierplek by die hoofstrand."
"Ons het vining by die seefront draai gaan stap, kuiertyd was beperk, maar dit was prentjiemooi!"
"Die Margate-omgewing het ongelukkig opknapping nodig, bv. paaie ens. ietwat agteruit gegaan in 'n kwessie van drie jaar wat ons laas daar was. Beveiliging op strande was sigbaar met polisielede aan diens op sentrale punte. Steeds heerlik om die son en see in die MANABA-omgewing te geniet."