Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Die dorpie bestaan uit 'n skool, munisipale kantoor, 'n drankwinkel en hoekwinkel vir ys en soortgelyke items. Geen besienswaardighede wat ons raakgeloop het nie."
"Heerlik gekuier by die Old Potter's en by die Saterdagmark! Beste quiches en heerlike koffie uit Soa se koffietrokkie!"
"Baie rustig, veilig en die omgewing was pragtig! Ons sal St. Helenabaai definitief weer wil besoek."
"Langebaan is definitely the place to go for any breakaway. Lots to do and see, and friendly people."
"Not much activities in the area but a great stay to be in nature or overnight while on a road trip."
"Kaapstad se dienste was goed, paaie in 'n goeie toestand en al die strande was mooi skoon."
"Ons het baie lekker gerus in Robertson, maar het steeds genoeg opsies gehad vir vermaak. Pragtige area met kosbare hartsmense!"
"A lovely town that combines the opportunities for the 'outdoorsy' with food and shopping to suit all tastes. A stunning experience to walk along the clifftop biodiversity walk, a charming old harbour, great tidal pools and the chance to see a whale - what's not to like?"
"Die suid-ooster het ons amper daagliks weggewaai. November, Desember en moontlik Januarie is nie vir ons Mpumalangamense aangenaam in die Kaap nie. Miskien Februarie en Maart en April, maar Mei tot Oktober is dit reën. Ons kind woon in Blouberg en ons kuier gereeld daar. Die Kaap se voordeel is dat die plaaslike owerhede doen hulle werk en die werkers by die winkels is baie vriendelik en daar is nie soveel rommel en slaggate in die strate nie. Dis al rede hoekom ons Kaap toe gaan. "
"George is 'n pragtige, skoon dorp. Ander munisipaliteite kan hier kom leer. George is ook baie sentraal geleë."
"Pragtige dorpie. Dit is sentraal met soveel dinge om te besigtig in die omgewing."
"Nie baie om te doen daar nie aangesien daar nie 'n swemstrand was nie. Die wind het ook baie gewaai. Ideaal vir volwassenes wat 'n ruskansie nodig het weg van die gejaag. Dink nie dis aanbevole vir 'n gesinsvakansie nie."
"George is 'n lieflike plek. Dis netjies en mooi met baie dinge om te doen vir 'n gesin. Besoek gerus Redberry Farm, die Outenique Transportmuseum en Birdies Waffle House."
"Vriendelike omgewing. Die mooiste kerk wat ek al in 'n lang tyd gesien het. Moet dit gaan kyk."