Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Mooi omgewing, baie nuut, maar brei vinnig uit. Naby ander dorpe. Perfek geleë."
"Dit was totaal en al 'n fantastiese belewenis. Die Namakwa Nasionale Park se blomme was 'n belewenis van 'n ander wêreld. Ons wil terug na hierdie wêreld."
"Die eerste keer dat ek in daardie geweste reis. Dit was 'n besonderse aangename ervaring. Die landskap, selfs sonder die blomme, is bekoorlik en ek sal graag weer en weer daar wil rondry."
"Ou wêreldse karakter en romantiek. Niks opgesmuk, maar eerlik en juis daarom kosbaar."
"In die blommetyd is dit ‘n prentjiemooi bestemming en die kus met eiesoortige rotse is ‘n bestemming wat op landskapfotograwe se wenslys behoort te wees."