Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Jacobsbaai is 'n ongerepte juweel. Ek hoop dit bly nog vir jare so. Gaan beslis terug vir nog! "
"Quiet village close to Vredenburg and Saldanha Bay. Easy access to West Coast places and sights."
"Baie lekker om in Dwarskersbos te kan bly en Velddrif en die Rocherpan park wat so naby is."
"Ek was nie eintlike beïndruk met die dorp self nie, maar sal weer teruggaan vir die Grotjie."
"Paternoster is an unknown, yet beautiful treasure. The people are very nice, the vibe of the people by the beach is great and the quaint heartiness of small villages is fantastic."
"Yzerfontein is die mooiste en rustigste kusdorp! Sal definitief weer eendag soontoe wil gaan. Net jammer die mooi natuur word ontsier met al die "mansions" wat nou gebou word!"
"Ek is mal oor Lambertsbaai. Dis 'n plekkie wat jou sielsrus gee en dat jy die nuwe week weer kan aanpak met 'n geruste hart. Beste plek om bietjie tyd te bestee, veral Isabellas Restaurant was baie lekker. "
"Was aangenaam verras met die plek, klein maar pragtig. Die na-middag wind is baie erg! Die lagoon gee nogal pret. Lekker plekkie om te besoek."
"Rustige see vakansie. Tieners is dalk bietjie verveeld, want daar is nie baie vir hulle om te doen."
"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Ons het geëet by Weskus plaaskombuis op die hawe. Die seekos-platter was baie lekker en goeie waarde vir die prys. Ons het ook Clanwilliam toe gery wat baie plekke het om by te woon. Die Rooibosfabriek het baie goed om te koop, heerlik rooibos produkte."
"Fantastiese vakansiedorp. Stil en rustig, maar naby genoeg aan die stad om ook dit te beleef."