Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

11 Sha Bay Villas

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

11 Sha Bay Villas is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer wat in 'n veilige kompleks in Uvongo geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge aan die Suidkus. Die woonstel het 'n uitstekende see-uitsig en is 500 m vanaf 'n Blouvlagstrand en gewilde visvangplekke.

Hierdie ten volle gemeubileerde woonstel is op die grondvloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die oopplan-kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, 'n stoof met 'n oond asook ingeboude kaste met oorgenoeg plek vir eetgerei en breekware.

Die sitkamer het netjiese sitplekke en 'n slaapbank met 'n TV. Daar is ook 'n DVD-speler en die TV het sekere DStv-kanale. Hierdie area in die woonstel lei uit na 'n patio waar daar 'n privaat tuin en 'n braai-area is. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad en ander braai-areas wat gaste kan gebruik.

Sha Bay Villas is slegs 'n paar minute se stap van die strand af en is ook baie naby verskeie winkels, gholfbane, restaurante en binnemuurse- en buitemuurse doendinge.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 69

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 11 Sha Bay Villas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 550
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sha Bay Villas 11, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA443875256e690f107aac840af0ee6c7a53f1190bd34ea327990e1b5ecdeb5b973c2b68a3d213fd8b6ce3c415ee781063be1d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 11 Sha Bay Villas Lilliecrona Boulevard 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.850481045522 30.386485755444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang