Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

111 On Heide

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

111 On Heide is 'n lieflike tweeslaapkamer-selfsorgeenheid op die grondverdieping van 'n gebou in Danabaai, Mosselbaai. Die eenheid bied slaapplek aan maksimum 4 gaste.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Albei slaapkamers het kasspasie. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp en beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n ontbyteiland in die middel met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met WiFi. DStv, Showmax en Netflix is beskikbaar, maar gaste moet op hul eie rekeninge inteken.

Die eiendom spog met 'n lieflike erf met braaigeriewe voor die eenheid. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel.

Die eenheid is 900 m se stap van Danabaai se tweede strand af.

Die eenheid het 'n kragomskakelaar en battery en word nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Magda S
5.0
Ons was hartlik verwelkom deur die eienaars. Baie vriendelik en hulpvaardig. Baie lekker gebly, geen klagtes nie. Die uitkoms by die plek was bietjie ...
Sien meer
Feb 2024
Leonie V
Saam met vriende
5.0
Absoluut fantasties. Beste verblyf en die gaafste eienaars. Kan die plek met 'n oop gemoed aanbeveel.
Jan 2024
Riaan A
Saam met vriende
5.0
Moeiteloos en gemaklik. Gasheer en gasvrou het ons hartlik ontvang, hulle het ook ons toegelaat om later uit te boek. Blyplek was puik en alles is daa...
Sien meer
Nov 2023
Theunis L
Besigheidsreis
5.0
Baie goeie kliëntediens en goeie waarde vir geld. Woonstel was netjies en baie skoon. Alle geriewe was beskikbaar. Werklik baie goeie waarde vir geld ...
Sien meer
Mei 2023
Nicola V
Saam met lewensmaat
5.0
Hoogs aan te beveel. Stil omgewing. Veilige parkering. Keurige minimalisme. Modern, ruim en hope pakplek in kombuis en kamers. Besonder skoon en netji...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Esta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink 111 On Heide het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heideweg 111, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2f652b29bb93ce01b4093fe1ebe424615d34be8694be5cdf52d807792f92f60ec603cf74f6f66bc8184461e2961bdbdd44e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 111 Heide Road Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.2033295 22.0363425

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang