Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

13 Steps

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

13 Steps is in Springbok geleë, op die pad na Namibië of Kaapstad, en bied verblyf in 2 eenhede aan.

Die eenheid vir 2 het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort.

Die eenheid vir 4 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n dubbelbed, kombuisie en eetarea vir 4.

Beide eenhede het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, basiese eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n TV met Netflix.

Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel, agter 'n geslote hek beskikbaar. Daar is sekuriteitskameras. Gaste moet die verteenwoordiger vroegtydig in kennis stel indien hulle 'n ekstra parkeerplek vir 'n sleepwa benodig.

Tussen Augustus en Oktober, kan gaste die wilde-blomspesies wat kopuitsteek bewonder, afhangend van die reënval. Springbok het verskeie bergfiets- en voetslaanpaaie in die Goegap Natuurreservaat. Hierdie reservaat is ook die tuiste van talle blomspesies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëlspesies. Let net daarop dat dié reservaat daagliks om 16:00 sluit.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Chandree H
Saam met vriende
5.0
Die kuier was heerlik, ons het verskriklik lekker gebly, ons het die stilte geniet. Die naweek was hopeloos te kort, ons het vreeslik lekker gebly, on...
Sien meer
Okt 2024
Shereen C
5.0
Vriendelik en netjies. Baie vriendelik en netjies. Ons het baie lekker gebly .
Okt 2024
John A
Saam met lewensmaat
5.0
Aangename, gerieflike verblyf. Klein, maar baie gerieflik, netjies en skoon. Als wat nodig is, is daar. Goeie verblyf vir kort tydperk. Gasvrou baie v...
Sien meer
Okt 2024
Claudina W
Saam met lewensmaat
5.0
Really nice place to stay for a holiday. Love the place. The place was great. I will refer anyone to 13 Steps. Lizette was very friendl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Stefanie D
Saam met lewensmaat
5.0
Heel aangenaam. Lieflike plekkie, skoon, netjies en 'n baie oulike gasvrou.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink 13 Steps het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9620cd50561deb5c025b71f07c011b713850d88b1f127dcd820dfd3cc5d0423c4e178e0770f886f8a2a4aa5e97e44f92d59e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 46 5 1 5 34 Republiek Street Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.659281090185 17.893026844859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang