Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

15 Sheffield Lane

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Irene P
Kort verblyf
2.8
Jan 2024

Fantastiese uitsig maar te veel haakplekke. Die huis bied 'n fantastiese uitsig oor die see. Ons kon dolfyne besigtig van die balkon. Ongelukkig is die oprit en die heuwel na die see so steil dat dit glad nie geskik is nie, en daar is baie klippe onder by die strand waaroor jy moet klouter. Waaiers in van die kamers het ook glad nie gewerk nie. Ons moes self afdrooglappe en 'n emmer koop, dit was nie voorsien nie wat nie vooraf gese is. Die opsigter/tuinier was steurend, so dit het nie regtig privaat gevoel nie. Jy kan nie by die voordeure inkom nie en moet deur die agterdeur gaan. Dit is ook nie vooraf gese nie, en die sleutel vir die agterdeur is nie voorsien nie. Die opsigter het dit verskaf. Die agente het eers gese ons skuld ekstra geld, al het ons vol betaal. Ons het hulle gevra vir die WiFi-wagwoord. Dit is nooit voorsien nie, ons moes toe maar in 'n laai grou vir dit. Die WiFi is lekker vinnig en ons het geen probleem gehad om TV te kyk. Die papierwerk wat jy boonop moet teken is belaglik lank, en om alles te kroon is ons valslik beskuldig deur die opsigter dat ons op die mure 'geteken het' (dit was blykbaar vorige mense). Ons was net 'n groep grootmense met niks kinders. In die algeheel het ons die beste van ons vakansie gemaak, en dit was lekker dat die plekkie dierevriendelik was. Dit is goed omhein en daar is beams buite met gewapende reaksie wat jou veilig laat voel het. Die slegste was dat die hele grasperk voor die deck afgesper was met tou wat die uitsig heeltemal bederf het.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Karen
15 Sheffield Lane
Baie dankie vir die terugvoer. Al die inligting is aan jou voorsien op die WhatsApp wat voor julle aankoms aan jou gestuur is. Die eenheid is naby aan die see, so soms steek die rotse uit en soms is daar sand daaroor. Op die foto's kon jy 'n prentjie vorm van die omgewing. Die opsigter, tuinier, sekuriteitwag, is die persoon wat jou gehelp het met nuwe sleutels vir die slotte, want by die see vervang ons nogal baie slotte.

Jana V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2022

Asemrowende uitsig. Huis is netjies met 'n wonderlike uitsig. Dit is baie styl af na die strand maar dis 'n private strand. Daar was baie walvisse wat ons in die 2 dae kon sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
15 Sheffield Lane
Baie dankie vir die resensie. Ons is baie bly julle kon die huis en see geniet.

Carissa S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2022

Amazing stay with breathtaking views. This place is huge, spacious, neat and very clean with beautiful homely decor and the most breathtaking views. Everything about it was perfect.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Biance M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Okt 2022

Mooiste uitsig en lieflike, ruim huis. Perfek vir 'n rustige gesinswegbreek, en genoeg plek vir almal om ook hulle eie spasie te hê. Die huis is ook baie goed toegerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Karen
15 Sheffield Lane
Baie dankie vir die goeie resensie. Ons is trots op die huis.

Loryn S
Kort verblyf
4.0
Feb 2022

It was beautiful, thank you. Beautiful house in a beautiful peaceful setting.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Gill C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Jul 2022

Good location but some touch ups needed to house. Access to private beach very steep without stairs which meant our grannies unable to access the beach. Only a single car port and very steep drive away inadequate parking for more than one and hard to access. Outside doors didn't close well and downstairs bathrooms needed maintenance (toilet leak, shower hard to close, door handles broken). Lovely sea views and overall a well stocked kitchen, good WiFi and access to Netflix and Disney Plus.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Samantha P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Apr 2022

Very nice place in general but a few things they could change. Lovely house and views and despite the steepness, having access to the beach was great. It was a bit weird however to have the caretaker around every day and the garden service arriving unannounced/unbeknown, felt a bit intruded on and lack of privacy. But overall great time had by all.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Karen
15 Sheffield Lane
Good afternoon Samantha, thank you for your feedback. We were also not aware that the owner had arranged garden services, so apologies for that. Have added this info to our listings now. Kind Regards Karen

Cecilia G
Kort verblyf
5.0
Aug 2021

Ongelooflike see-uitsig. Huis se ligging is ideaal. Ongelukkig slegte weer gehad, maar huis groot genoeg sodat ons binne kon kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hermien P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Des 2021

Ongelooflike uitsig op 'n pragtige, stil strand. Ons het ons kort verblyf hier ongelooflik baie geniet! Die hele plek is omhein en is hondevriendelik, so ons honde kon veilig die plek verken. En die onderste hekkie maak reguit op die strand oop. Die uitsig, veral van die boonste vloer, is ongelooflik! Die oprit na die huis is baie steil, maar ons all wheel drive voertuig kon dit gemaklik hanteer. En die steil opdraand tussen die huis en die strand is ook 'n stewige stappie. Daar is trappe wat help, so ons kon maklik genoeg op en af klim. Maar hou dit wel ingedagte. Die hoeveelheid papierwerk nodig vir die bespreking het my meer as een keer amper laat opgee. Dit is meer soos om 'n langtermynhuurkontrak aan te gaan (met 'n administrasiefooi en deposito wat direk betaal moet word). Die besprekingsproses is dus minder gerieflik as ander plekke wat ons al op die webtuiste bespreek het. Dit gesê, dit was so die moeite werd! Die huis het baie spasie, met 'n wonderlike oopplan-sitkamer/eetkamer/kombuisarea. Die kombuis is goed toegerus. En ons kon op die TV inteken met ons eie Netflix-rekening. Die WiFi is nie heeltemal so goed soos ons s'n in die stad nie, maar was goed genoeg om in kontak te kon bly met die wêreld so veel soos ons wou. Daar is goeie wegneemeteplekke in die omgewing as jy nie wil kosmaak nie (Indiese kos, seekos, roomys!). Al voel die huis asof dit op 'n tropiese eiland in die middel van die oseaan is, kan jy binne 5 km of so wegneemetes kry. Die strand is fantasties. Ons het hierdie plek gekies omdat die strand honde-vriendelik is. Groot dele van die strand het klippe, waaroor ons mal is. Soveel nuut om te sien elke keer wat jy stap. En die swemstrand is verder langs die kus af, so hierdie stuk strand is regtig lekker stil (ten minste was begin Desember toe ons daar was). En met die ongelooflike uitsig van bo af, voel dit of jy permanent op die strand is. Ek wens ons kon langer bly. Ek sal absoluut die plek aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lloyd S
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Jan 2020

Awesome ligging, perfek vir 'n koel, ontspanne naweek. Baie gemaklike, vriendelike personeel en was perfek vir die middag braai!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Karen Geverifieer

Eiendomme 40

Resensies 568

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf R3 578
R3 578 R3 220
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 578
R3 578 R3 220
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sheffield-laan 15, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb26ce8d2bc397ec1cb94964493e066b98c91a3461c6e85aa81a363f1be1bee7bbe3d1043d84a343ffc4e88bcb637e4465ccb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 578 nouVanaf R3 220 per nag (plek vir 10) 16 5 1 5 15 Sheffield Lane Sheffield Beach 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.492082414262 31.248438279762

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang