17 Coogee Bay Beachfront Apartment
Kry 25% af vir verblyf wat 9 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-laan 1, Coogee Bay 17, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 350R1 013 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
17 Coogee Bay Beachfront Apartment is ’n woonstel in ’n kompleks in Gonubie met 'n see-uitsig. Gonubie is ’n klein kusdorpie by die mond van die Gonubie-rivier, 8 km vanaf Oos-Londen.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste (4 volwassenes en 2 kinders) en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond, 'n mikrogolfoond, filerkoffiemasjien, wasmasjien-tuimeldroër en basiese kookgerei. Die sitkamer lei na ’n balkon met ’n lieflike uitsig oor die see en die strand, asook 'n hangmat.
Die sitarea het ’n slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Daar is 'n werkstasie en 'n omsetter wat al die ligte en sommige elektronika vir 2 tot 3 ure aan sal hou.
Die woonstel het 'n gasbraai op die balkon en die kompleks het braaigeriewe. Veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar.
Watersport soos rivier- of rotsvisvang, branderplankry en roei kan geniet in die strandmeer of see word. Doendinge aan wal sluit in voëlkyk, vierwielmotorfietsry, piekniek, gholf en inkopies by plaasstalletjies. Die woonstel is 'n hanetreetjie vanaf die see en die ingang na Gonubie se promenade. Dit is stapafstand na die plaaslike koffiewinkels en die Pancake House wat albei 'n uitsig oor die see het.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Gregory Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 27
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Deary-laan 1, Coogee Bay 17, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
- Gaste dink 17 Coogee Bay Beachfront Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gonubie Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-laan 1, Coogee Bay 17, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang