Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2362 On Swartwitpens

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jeannette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 13 resensies vir 2362 On Swartwitpens
Netheid
4.2/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5
Jan V - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan V

Heerlik gekuier en rustigheid geniet.

Baie lekker plekkie. Ligging is perfek. Baie wild wat kom kuier en die kinders het dit baie geniet. Vriendelike diens vanaf julle en die eienaars. Sal definitief weer gaan. Vat net wildspallets saam.

Piet D - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Piet D

Skoon, gerieflik & goed geleë.

Eienaars het gereeld gekommunikeer om te verseker dat ons gerieflik en gelukkig is. Vriendelike en voortreflike diens. Ons "mede-inwoners" in Marloth het gereelde besoeke gebring, oggende en saans. Vlakvarke, koedoes, sebras, dwergmuishonde was 'n ondervinding vir die kleinkinders. Ons nagapie-vriende het ons nie een aand teleurgestel nie. Die kameelperd wat kom groet het was 'n bonus. Dankie Jeannette!

Jacques P - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Jacques P

Teleurstellend.

Klein, beknop, donker en bedompig. Waaiers wel beskikbaar, maar onvoldoende. Die gasgeiser is in die piepklein kombuis/leef-area installeer in plaas van buite teen die muur en gee soveel hitte af, dat dit die huisie in 'n sauna omskep. Die huisie is donker binne en die gordyne kan net gedeeltelik opgemaak word om meer lig in te laat, omrede die gordyne bo aan mekaar vasgeknoop is en dus nie kan oopskuif nie. Die badkamer is ook klein en beknop en die stort het nog 'n plastiekgordyn in plaas van 'n stort deur, met die gevolg die badkamer vloer papnat is elke keer as die stort gebruik word. Wat die stortgordyn aanbetref, dit is 2019 mense, nie meer 1975 nie! Jammer, maar vir iemand wat in gerief en gemak wil vakansie hou, kan ek Swartwitpens 2362 nie aanbeveel nie. 3 uit 10.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Beste Jacques,
Jammer dat julle alles negatief ervaar het. Ons is die gelukkige posisie dat die huisie was vol bespreek vir Des 18, van ons gaste het weer bespreek en geen ander gaste het gekla nie. Almal het dit baie geniet. Sterkte en voorspoed vir 2019.

2362 On Swartwitpens
Steve D - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Steve D

Was baie baie lekker en wil gou weer kom kuier.

Was baie lekker, tot 'n volgende keer.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Beste Steve,

Dit was n voorreg om julle te kon akkomodeer.
Baie dankie vir die mooi terugvoer.
Ek stuur dit vir die skoonmaak span.
Kom gerus weer.
Groete, Johan en Jeannette

2362 On Swartwitpens
Chanelle G - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chanelle G

Baie baie lekker.

Was heerlik en sal definitief terug gaan.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Beste Chanelle,

Baie dankie vir julle mooi kommentaar.
Ons waardeer dit baie.
Kom weer.

Groete, Johan en Jeannette vd Merwe

2362 On Swartwitpens
Lanie M - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lanie M

Uitstekend.

Dit was regtig baie lekker, die eienaars was baie vriendelik met die hulp van die TV.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Jacques en Lanie,
Dit was n groot plesier.
Jammer weereens oor die ongerief.

Groete,
Johan en Jeannette vd Merwe

2362 On Swartwitpens
Maria B - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maria B

Dit was 'n groot avontuur gewees.

Ons het heerlik gekuier saam met ons vriende. Die natuurlewe was fantasties gewees. Die huis was skoon en ons het die braai area baie geniet.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Beste Maria,

Baie dankie vir julle kommentaar. Ons waardeer dit.
Kom gerus weer.

Johan en Jeannette

2362 On Swartwitpens
Louis B - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Louis B

Rustig met net diereklanke en my gesin se stemme in my ore - salig!

Die huisie is knus en uitstekend toegerus. Heerlike gesinstyd en genoeg ruimte om ook alleen tenkies vol te maak. Ek kon kilometers ver stap, verf, lees, legkaart bou, bak en brou, my man kon elke dag alleen braai en saans buite vir die vuur kyk, en die kinders kon lees en speletjies speel.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Baie dankie, dis lekker om dit te lees. Kom gerus weer.
Groete, Johan en Jeannette

2362 On Swartwitpens
Jannie S - Mei 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jannie S

Het net daar geslaap. Was die hele dag vir 8 dae in die wildtuin.

Om die huis sleutels te kry was 'n probleem. Geen kaart van Marloth Park gehad nie. Die rigtingaanwysers wat ons van die hek gekry het was totaal onduidelik. Ons het heen en weer gery vir 'n driekwartuur voordat ons self 'n Field Security bakkie voorgekeer het om ons te help. Daarna was dit maklik. Ons het van Brakpan af Marloth toe gery, ons 4 is almal bo 70 en het regtig nie die ongerief nodig gehad om die sekuriteitskantoor te soek om die sleutel te kry nie! 'n Kaart van Marloth wat duidelik die nodige plekke aanwys sou al die ongerief uitgeskakel het! Die res van die verblyf was baie goed!

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer. Daar is GPS aanwysings, dit is egter duidelik dat n kaart van waarde vir u sou wees. Groete.

2362 On Swartwitpens
Duane N - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Duane N

Amazing tyd met 'n paar terugslae.

Dit was 'n heerlike tydjie in die bos. Ongelukkig was die eerste indruk wat ons gekry het met aankoms nie so verwelkomend nie. Ons moes eers die skottelgoed was, wat in 'n power kondisie was en die huis uitvee. Die kamer waaiers was vuil en die een bank in die voorhuis was gebreek en geen mens kon op hom sit nie. Dit het sommer dadelik die atmosfeer geskep vir teleurstelling. Maar na alles in plek en reg was het ons ons tydjie geniet.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Beste Duane en Gesin,
Nogmaals baie dankie dat julle ons huisie gebruik het.
Die dame wat vir daardie huise se skoonmaak verantwoordelik was het probleme ontwikkel, en het bedank terwyl julle daar was.
Sy het verduidelik van die huisie wat nie op standaard was. Ons was so gelukkig om vinnig deur n ander maatskappy 'n skoonmaker te kon kry, veral in ag genome die skool vakansie. Was dit nie vir julle geduld en samewerking nie sou dit baie moeiliker gewees het. Ons is egter dankbaar julle het die vakansie geniet.
Groete
Johan en Jeannette vd Merwe

2362 On Swartwitpens
Mariana L - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariana L

Heerlik toegeruste huis in Marloth Park.

Dit was 3 heerlike dae, huis goed toegerus, skoon, gemaklik. Baie dankie aan die eienaars - julle aanwysings en hulp maak dit nog meer spesiaal.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Baie dankie, ons waardeer dit.
Johan en Jeannette van der Merwe

2362 On Swartwitpens
Este L - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Este L

Rus en vrede in die bos!

Baie lekker plekkie. Skoon en netjies en goed toegerus. Die patiostoele het saans oortyd gewerk! Die stilte is ongelooflik. Die kinders het dit vreeslik geniet om so naby aan wilde diere te wees en hulle te voer. Sekuriteitsmaatskappye patrolleer die strate gereeld, wat mens veilig laat voel. Met aankoms het die stopkraan teen die huis probleme gegee, maar Dawn het dit binne 15 minute uitsorteer en sy het later weer geskakel om te hoor of alles reg is. Ons was heel beïndruk met die goeie diens. Sal beslis weer van die plekkie gebruik maak.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer. Ek is baie bly julle het dit geniet. Kom gerus weer.
Johan en Jeannette

2362 On Swartwitpens
Sarie S - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sarie S

Kompak, met alles wat ons nodig het.

Baie lekker plekkie vir dit wat ons nodig gehad het. Voorstelle: 1. Sitkamermeubels te groot vir die klein ruimte wat daar is. Ouer mense wat sukkel om op te staan kon dit nie gebruik en ons moet die patiostoele in die sitkamer gebruik wat dit baie ongesellig gemaak het, want ons moes rond en bont sit. 2. 'n Rak met hangplek en blad of tafeltjie of bankie om jou tas op neer te sit sal baie handig wees vir die loft. Alles moet op die vloer rond staan. 3. Aparte toilet sal groot aanwins wees. Al negatief: Met ons aankoms moes ons eers die yskas ontdooi en skoonmaak. Ys was omtrent 5 cm aangepak en die yskas was glad nie koud nie. Opsigter kan dalk net toesien dat die yskas nie aangepak is nie. Vrieskompartement was reg.

2362 On Swartwitpens se terugvoer

Thank you for your comments and would like to apologise that the fridge was not found the way you would have liked it, I will ensure that this will not be a reoccurring problem.
Kind regards,
Dawn

2362 On Swartwitpens
Vanaf
Vanaf R899
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R899
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2362, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0YjA2YTJhLWQ0NmEtNDE4NC04MzU2LWFiODFiMDRkZTU2Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R899 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 2362 Swartwitpens Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -25.34106 31.78165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang