Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

29 On Tait Guesthouse

Gastehuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Sharon S
Kort verblyf
5.0
Okt 2023

Stil, huislike atmosfeer - Sentraal geleë. Gerieflik gebly in 'n oulike gastehuis waar die gasvrou mens dadelik tuis laat voel. Sal 29 On Tait beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marelize S
1 nag Gesin met klein kinders
4.4
Sep 2024

Lekker. Ons is baie tevrede. Baie gasvry en hulpvaardig.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Andries F
Kort verblyf
5.0
Jul 2022

Goeie waarde vir geld. Baie lekker gebly, met heerlike ontbyte. Die groot lessenaar in kamer was 'n bonus vir werk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise M
Kort verblyf
5.0
Mei 2022

Regtig 'n tuiste. Die Victoria kamer en badkamer is so mooi versier en baie gerieflik. Die matras is die beste. Die woonbuurt is rustig met pragtige bome. Dis naby restaurante en winkelsentrums. Suzanne se ontbyt was heerlik. Haar vriendelikheid en beskikbaarheid was waardeer. Ek sal beslis weer hier oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marianna S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2021

Dit was home from home. Suzanne was uiters behulpsaam, akkommoderend, vriendelik en gasvry. Om in haar gastehuis te bly is 'n voorreg en wonderlike ervaring. Haar kamers is smaakvol gemeubileer met die mooiste hekelkomberse, pragtige matte en skilderye. Ontbyt is 'n ervaring. Sy sal alles doen om jou tuis en gemaklik te laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zelda B
Kort verblyf
5.0
Mrt 2021

Perfek geposisioneerde juweel. 29 on Tait is ’n liefderik gerestoureerde Art Deco-huis wat uit die 1930's dateer. Die pragtige tuin vol beeldhouwerk en draadkuns laat ’n mens dadelik besef: hierdie is g'n gewone ruimte nie. Wanneer jy by die huis instap, slaan die kunsversameling, die tapyte, die handgemaakte gehekelde dekens oor die beddens jou asem weg. Maar die kersie op die koek is Suzanne, die vriendelike, stil gasvrou wat jou met hemelse ontbyte en presies die regte hoeveelheid aandag bederf. My kamer was ruim en ouwêrelds met ’n pragstuk van ’n bed. Daar was ’n lessenaar waar ek in stilte kon werk en die WiFi was blitsig. Die ligging was perfek en ek moes nooit meer as 10 minute ry om na enige van my vergaderings te gaan nie. 29 on Tait sal my weer en weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Debbie V
Kort verblyf
5.0
Mrt 2020

Gasvryheid op sy beste! Suzanne gaan uit haar pad om dit aangenaam te maak! Ek sal enige tyd weer teruggaan. Daar is kalmte in die middel van die stad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hanlie M
Kort verblyf
5.0
Nov 2019

Rustige, pragtige blyplek waar ek na 'n spanningsvolle dag kon ontspan. Dit was 'n belewenis om hier te kon oorslaap. Suzanne is voorwaar 'n engel, soos die in haar tuin en het die gawe om mens rustig en kalm te hou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Engela S
Kort verblyf
5.0
Nov 2018

Wonderlike verblyf. 'n Baie kreatiewe en kunstige gasvrou wat 'n perfekte ontbyt kon voorberei.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tilla K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2016

Absoluut perfek vir die doel waarom ons Pretoria besoek het! Dankie Suzanne, dit was baie lekker om daar te kon oornag. Ons wou 'n plekkie naby die Urologie Hospitaal gehad het, en wraggies, LekkeSlaap was perfek vir ons doel. Die plek was binne stapafstand en baie veilig. Het eerlik soos ons huis weg van die huis gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Suzanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Tait Straat, , Pretoria, 0082, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmYzc4Yzc2LTgxOWYtNGMzMS1hYTE1LWVhYzUxNThlNDkxZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 29 Tait Street Colbyn 0082 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.741203 28.23846

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang