Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 La Mouette

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collison-weg, Eenheid 3 La Mouette-kompleks, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

3 La Mouette is 'n selfsorgwoonstel in die veilige La Mouette-kompleks in Uvongo, in 'n veilige en rustige omgewing, 350 m vanaf Manaba-strand.

Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en stort het.

Die kombuis is met 'n stoof en oond, yskas, mikrogolf, ketel, wasmasjien, tuimeldroër, toebehore, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt so gaste kan hul eie dekodeerder saambring. Die leefarea lei na 'n stoep wat gedeeltelik beskut is met 'n bedieningsluik na die kombuis. Daar is ook 'n etenstafel vir 8, 'n ingeboudekroeg-area en 'n gasbraai. Die stoep het glasdeure wat gebruik kan word indien weersomstandighede sleg is en om 'n see-uitsig te geniet.

Parkeerplek is direk by die ingang van die eenheid beskikbaar. Die woonstel word voor aankoms en na vertrek skoongemaak. Ekstra skoonmaakdienste kan op versoek gereël word.

Die La Mouette-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en braai-area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Shireen C
5.0
Had a good stay. No major issues. The apartment was very clean, with lovely decor and spacious. Beautiful view and the host is very fri...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Vicolene F
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Dit was baie lekker!
Des 2023
Jurgens K
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik met alles wat die vakansie lekker maak. Baie mooi en gerieflik en uitleg vir lekker kuier met mooi see-uitsig. Het dit baie geniet. Dankie.
Jan 2023
Rosa C
4.8
Het voldoen aan ons behoeftes. Lekker gebly en gerus.
Jan 2024
Elaine W
Gesin met klein kinders
4.8
It was enjoyable. We had a few problems but the owner dealt with them timeously. The only problem I would really complain about is the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Collison-weg, Eenheid 3 La Mouette-kompleks, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 3 La Mouette het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collison-weg, Eenheid 3 La Mouette-kompleks, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2d039c332f41e60769eddd201c56d388a1404e3728c488eb6d4752f927f4d2ebb665b74401d9b09de87596574ce5228add3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 Collison Road Unit 3 La Mouette complex 4276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.852897125118 30.382117914595

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang