34 La Vista
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: La Vista 34, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Vista is ’n grondverdieping ateljee-woonstel geleë in ’n sekuriteitskompleks in Mtwalume aan die Suidkus van KwaZulu-Natal tussen Scottburgh en Hibberdene.
Dié ateljee-woonstel het lugversorging en 'n oopplan-kombuis, slaaparea en leefarea. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelbed slaapbank. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring vir swem. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, bad, aparte stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ysmasjien, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n TV met 'n OpenView-dekodeerder. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder te bring. Daar is ook gemaklike sitplek en 'n slaapbank. Die eenheid lei na die braai-area. Die 2 skuifdeure in die eenheid het albei 'n Trellydoor-veiligheidshek.
Ongelukkig het die eenheid nie 'n motorhuis nie maar jy mag langs dit parkeer.
Die woonstel is in 'n veiligheidskompleks met 24 uur-sekuriteit. Die kompleks het 2 gemeenskaplike swembaddens met 4 gemeenskaplike braaiers, trampoliens, klimrame en swaaie. Die kinders kan veilig in die hele kompleks speel. Die swembaddens is omhein.
Loop gerus die fantastiese wandelroete op die grens, binne die kompleks. Daar is 2 uitkykpunte waar jy kan sit met ñ glasie wyn, son sien onder gaan, sien dolfyne en walvisse baljaar in water, 180 grade see uitsig met golwe, wit sand en kinders en grootmense wat lag en gesels êrens in die agtergrond. Anders hoor jy net golwe wat breek..... Asemrowend
Geen WiFi is beskikbaar nie. Dis in proses.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Emsie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- La Vista 34, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 34 La Vista het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mtwalume Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: La Vista 34, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang