4 La Pirogue
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 2, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
4 La Pirogue is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Willard's Beach, Ballito. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende aangesien die kompleks spog met 'n tropiese tuin met 'n groot swembad.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is 'n ruim balkon met 'n buite-eettafel, sonstoele en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste het volle toegang tot die swembadarea wat 'n peuterswembad vir kleuters insluit. Die ligging van hierdie kompleks is net oorkant die pad van die strand af en reg langs die Boulevard-winkelsentrum.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Jack Powell-weg 2, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg 2, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang