Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4 Summer Place

Winteraanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 12 Aug 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Albert Meyer-rylaan 78, Summer Place, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 R633 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

4 Summer Place is in Shelley Beach en bied direkte toegang tot die strand. Gaste kan rustig op die bed lê en luister na die suisende see.

Daar is baie aandag gegee aan die binnenshuise versiering en die meeste van die meubels is pasgemaak. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook skuifdeure wat lei na die stoep en gaste kan vanaf dié kamer die golwe hoor breek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en is smaakvol versier volgens 'n seevaart-tema. Die tweede badkamer is toegerus met 'n bad en toilet. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer vir 2 ekstra kinders. Verder is daar 'n oopplan-kombuis en -sitkamer en 'n gerieflike ontbythoekie. Die kombuis-area is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler.

Die pragtige, afgewitte eetkamertafel op die groot stoep is ideaal vir besoekers wat wil onthaal. 4 Summer Place is op die onderste verdieping en lei na 'n pragtige grasperk waar kinders veilig kan speel.

4 Summer Place is in 'n rustige, veilige woonbuurt, en tog net 'n klipgooi vanaf al die doendinge aan die Hibiscuskus. Die eenheid is ideaal vir gesinne wat hou van visvang. Shelly Beach Ski-Boat Club is langs die eenheid en besoekers kan gerus hier aanklop vir bootvaarte en diepseehengel.

As jy op soek is na rustige vakansieverblyf aan die Suidkus, het jou soektog sopas tot 'n einde gekom!

Let asb. dat die tweeslaapkamer-eenheid slaapplek vir tot 6 gaste het, maar net vir 4 volwassenes. Daar is 'n ekstra slaapbank met slaapplek vir 2 kinders.

Geen besprekings vir matriekvakansie of enigeen onder die ouderdom van 21 jaar mag sonder toesig van 'n volwassene bo die ouderdom van 21 jaar hier bespreek nie.

Gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  • Diens op aanvraag

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Marchelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic holiday at 4 Summer Place. We had a great holiday at 4 Summer Place. It's central to everything, which gave us a variety of t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Christine J
Gesin met klein kinders
5.0
10 uit 10. Ons het lekker gebly.
Des 2023
Stef H
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was baie lekker ek sal enige tyd summer place aanbeveel, sal julle enige tyd aanbeveel. Summer place was regtig net wat ons nodig gehad het as 'n ...
Sien meer
Apr 2023
Bridget E
Saam met vriende
5.0
Lovely location and clean. Did not stay long enough to enjoy all the facilities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2023
Frederich Wilhelm S
4.4
Lekker gebly in die eenheid. Dis is baie gerieflik na winkels, die Ski-boot klub ens. Ons het voorheen ook in hierdie eenheid gebly.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Angelique Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 46

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Albert Meyer-rylaan 78, Summer Place, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 4 Summer Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R633
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
R950 R633
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Albert Meyer-rylaan 78, Summer Place, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4MjUzOTc1LTNhMmEtNDZiNi05MWJhLWZiMDFhM2ZiMGI3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R633 per nag (plek vir 6) 38 5 1 5 1128 Albert Meyer Drive Summer Place 4265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 09:00 -30.807321132489 30.411798420832

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang