Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

50 Patricia Road

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriciaweg 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 400 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

50 Patricia Road bied gehalteverblyf in Ballito hoog op 'n heuwel, ongeveer 80 m bo seevlak en net 350 m van die strand af. Dit is ideaal vir 'n gesin en 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

'n Omsetter is geïnstalleer en kragonderbrekings sal nie meer gaste se vakansie bederf nie.

Die huis beskik oor 5 hoof slaapkamer en bied slaapplek aan 10 volwassenes en daar kan voorsiening gemaak word vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer lei na 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig. Vier van die slaapkamers het óf 'n dubbelbed óf 'n koninggrootte-bed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die derde badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet en die vierde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Daar is 2 goed toegeruste kombuise met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die tweede kombuis is by die swembadarea. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, diepvrieskas en 'n yskassie.

Daar is 2 leefareas met stapeldeure wat na die swembad lei. Die leefareas het elk gemaklike banke, 2 slim-TV's, een met Explora en die ander met 'n X-tra View-dekodeerder asook oorgenoeg sitplek waar gaste maaltye kan geniet.

Die slaapkamers en 1 leefarea het elk 'n plafonwaaier en die ander leefarea het lugversorging. Vier slaapkamers het deure wat op die swembadarea oopmaak en alle slaapkamerdeure wat na buite lei het veiligheidshekke.

Die beskutte stoep het skuifdeure en 'n afdak om die wind uit te hou en 'n Weber-braai.

Daar is 'n parkeerplek vir 4 voertuie agter 'n heining en 'n elektriese hek.

Die eiendom het ook 'n swembad met 'n uitstekende see-uitsig.

Dit is belangrik om te let daarop dat die huis geleë is in n residensiële gebied en dat oormatige geraas en geraas laat in die nag nie geduld sal word nie. Dit kan ook nie gebruik word vir funksies of partytjies waar mense van buite ontvang word nie

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Bennie S
Gesin met klein kinders
5.0
Great holiday house. The stay was great for a large family. It was spacious for the 10 family members.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Carlos M
Besigheidsreis
5.0
Ideally situated, comfortable and well priced. The house is wonderfully situated and its proximity is ideal to the Ballito Junction. Th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Jenny B
Gesin met tieners
5.0
Fantastic stay. Welcoming, comfortable home from home with a spectacular view. Highly recommended for family holidays.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Andre S
Saam met vriende
5.0
Uitstekende ligging en groot genoeg vir 'n groot gesin. Wonderlik gekuier, geswem, gebraai en onstpan! Baie dankie Hilda, ons waarder die oopstel van ...
Sien meer
Feb 2023
Nicola W
4.8
Would stay again in a heart beat. Fabulous - location ideal - views wonderful and beds so comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Patriciaweg 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 50 Patricia Road het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriciaweg 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf9a32d22834aba3e32ce331bede8f82971a46d6b21a530828f108439b035b5f715c8c65be08fe9384b5c93bbb4cfc3c68d2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag (plek vir 10) 22 5 1 5 50 Patricia Road Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 12:00-17:00 10:00 -29.545487725176 31.210460088291

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang