Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

602 Marbella

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 70, Eenheid 19 Marbella, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 030 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

602 Marbella is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel met ongerepte see-uitsigte in Umhlanga, en is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na verblyf naby die strand en ander plaaslike geriewe.

Dié eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander 2 slaapkamers het albei 2 enkelbeddens en daar is 'n stort, wasbak en toilet in die gedeelde badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eet- en sitareas het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is 2 slaapkamers met 'n TV met DStv en WiFi. Die woonstel word daagliks, behalwe Sondae, skoongemaak.

Die woonstel lei na 'n balkon met meubels, braaigeriewe en see-uitsigte. Die woonstel het 'n omsetter en gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad met braaigeriewe, 1 veilige parkeerplek en direkte toegang tot die promenade en Bronsstrand. Hierdie verbkyf is naby geriewe, soos winkels en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Ligging

  • Lagoon-rylaan 70, Eenheid 19 Marbella, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 030
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 030
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 70, Eenheid 19 Marbella, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81cdb25a37d59dca50e881d2adca7d2f0bfd9f3b5c19b31fe02f89b017d2e0c68290c871f62fcc785709ede5fcef63abb7ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 030 per nag (plek vir 6) 70 Lagoon Drive Unit 19 Marbella 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.7175612 31.0915512

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang