Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

78 Beach Road

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 78, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 925 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

78 Beach Road is 'n selfsorghuis wat nuut opgeknap is en verblyf bied aan vriende of gesinne met pragtige 180°-uitsigte oor die see. Die huis spog met die ideale ligging in Kleinmond. Dit is net 4 minute se ry van Kleinmond se Blouvlagstrand af en bied die beste vakansie-ervaring waar gesinne onvergeetlike herinneringe kan maak.

Die pragtige drieslaapkamerhuis bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad en handstort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die agterste kuierarea het 'n slaapbank vir kinders en 'n badkamer met 'n stort. Dit kan omskep word in 'n sonnige vierde slaapkamer.

Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea met 'n binnebraai-area wat as 'n kaggel gebruik kan word in die wintermaande. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese breekware, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met 8 stoele. Daar is ook 'n TV. Die lieflike leefarea het gemaklike rusbanke en 'n pragtige see-uitsig. Daar is ook 'n kleiner sitarea met 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar regdeur die huis. 'n Omsetter verseker dat kragonderbrekings nie die kwaliteit van die verblyf beïnvloed nie.

Die voorstoepdeure lei na 'n groot dek wat 'n pragtige uitsig bied oor die luisterryke kusplantegroei en die branders wat oor die rotse breek. Aan die agterkant van die huis is daar groot skuifdeure wat lei na 'n bekoorlike plonspoel en terrastuin. Daar is ook 'n groot, oop area waar kinders lekker kan speel op die perseel. 'n Buitestort is beskikbaar sodat gaste heerlik kan afkoel en die seesand kan afspoel na 'n dag op die strand.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel en die hele eiendom is beveilig met 'n alarmstelsel. Kleinmond bied natuurroetes en verskeie kroeë en restaurante. Die ligging is ideaal vir diegene wat die Overberg-streek wil verken.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Toilet
Badkamer 3

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir 78 Beach Road
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 46

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kusweg 78, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink 78 Beach Road het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 925
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R4 925
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 78, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA60dd893ba9730b61fdc81ee70f7cb329d690a68b459fa154c0084040ca929693da0b99356fd42b710f3e134dc9e4d4bbb0e0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 925 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 78 Beach Road Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.3441957 19.0274645

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang