Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Accommodation Nachelle

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riebeekstraat 210, Tygerdal, Kaapstad, 7460, Wes-Kaap
  • Vanaf R560 R476 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Accommodation Nachelle is sentraal geleë in Tygerdal/Goodwood in die Noordelike Voorstede. Verblyf word in 2 eenhede gebied en elke eenheid het slaapplek vir 2.

Gaste kan die Michelle-eenheid of Rodette-eenheid bespreek en albei het dubbelbeddens en privaat badkamers met storte. Elke kamer is met waaiers en verwarmers toegerus en daar is verhitte handdoekrelings in die badkamers. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Elke eenheid het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie, eetgerei en breekware. TV's met DVD-spelers en plaaslike kanale word voorsien. Gratis WiFi.

Veilige privaat parkeerplek is beskikbaar en al die eenhede het privaat ingange. Elektisiteit word voorsien gedurende beurtkrag.

Accommodation Nachelle is naby verskeie winkelsentrums. Restaurante is slegs 500 m weg en Grand West Casino is net 3 km van hier af. Panorama Hospitaal en N1 Stad Netcare Hospitaal is net 500 m van hier af. Kaapstad bied verskeie besienswaardighede en doendinge vir die hele gesin. Die see en strand is binne 'n radius van 10 km en die Durbanville-wynroete is minder as 7 km van hier af. Vir bergfiets en gholfspelers is die ligging lekker sentraal met verskeie roetes en Parow se 18 putjie-gholfbaan wat slegs 1 km daarvandaan is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 116 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Miriam S
5.0
Het dit geniet. Dit was aangenaam soos altyd.
Nov 2024
Niël C
5.0
Idilliese selfsorg verblyf. Dit was fantasties met 'n uitsig op Tafelberg en naby geleë.
Apr 2024
Riana V
5.0
Uitsteekende diens en vriendelike ontvangs. Dit was heerlik om daar te kon oorbly. Vriendelike ontvangs en sentraal vir al die plekke wat ek wou besoe...
Sien meer
Mrt 2024
Sarel V
Besigheidsreis
5.0
Goed geleë gastehuis, net wat nodig was. Baie dankie! Tuiste weg van die huis!
Mrt 2024
Dieter S
Saam met lewensmaat
5.0
Very pleasant stay, cosy and with everything you'd need for self-catering. Great location, very friendly and helpful host. Clean and ti...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Yvette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 116

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Riebeekstraat 210, Tygerdal, Kaapstad, 7460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Accommodation Nachelle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R560
R 560 R 476
per nag, vir 2 mense
Vanaf R560
R 560 R 476
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riebeekstraat 210, Tygerdal, Kaapstad, 7460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d5e3e7f4c1f8e8c8d76c7a0747250bc191df488d3630164344c71894a9eee3546dd757c757a731a534010df67f1fd11e61d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R560 nouVanaf R476 per nag, vir 2 mense 116 5 1 5 210 Riebeek Street Tygerdal 7460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.894206416859 18.552862449074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang