Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AfriCamps at Oakhurst

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekwil-weg, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 390 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

AfriCamps at Oakhurst bied 'n unieke glanskamp-ervaring op 'n 640 hektaar-melkplaas in Wildernis op die Tuinroete. Dit is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie waar die Outeniekwaberge rondom jou uittroon.

Die kamp bied 8 lieflike tente en elke tent het slaapplek vir 5 gaste in 2 slaapkamers. Die tente het lugversorging in die slaapkamers en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met 'n knus sitarea en 'n kaggel. Die tent bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitesitplek, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad.

Die kamp bied 'n rustige plaaservaring met koeie en perde wat in die lowerryke omgewing wei. Gaste kan voetslaan en die plaas se waterval sien, of met 'n kano op die dam vaar of visvang. Daar is ook die opsie om 'n spa-behandeling te bespreek.

Een van die beste maniere om die prentjiemooi wildernis te verken is met 'n e-fiets. Die splinternuwe e-Rides se e-fiets-huurdienste is beskikbaar by AfriCamps at Oakhurst. Hierdie alleenstaande aktiwiteit is ook beskikbaar aan dagbesoekers.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Estelle G
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely beautiful, peaceful and well-kept farm. Fun for kids and adults. Second time at AfriCamps at Oakhurst, first time staying at...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Estelle P
5.0
Great great great! Absolutely amazing. Service was fantastic from the moment we arrived. Ordered the food baskets and it was delicious....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Shiree E
Saam met lewensmaat
5.0
Great experience! Ons het ons tydjie by AfriCamps at Oakhurst geniet! Sal dit beslis aanbeveel.
Jun 2024
Petro G
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties! Heerlike vakansie met hope pret vir die kinders. Ons sal beslis weer terugkom.
Jun 2024
Ine E
Saam met lewensmaat
5.0
Natuurskoon, lieflik, stil! Lieflike wegbreek! Ons was mal oor die stilte, natuurskoon en pragtige ingerigte tent. Die warmbad was heerlik veral na 'n...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 205

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoekwil-weg, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink AfriCamps at Oakhurst het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 390
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 390
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekwil-weg, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f32558a15f1d497b6ec0692773b73360cbf3a17aa84606bb17267cd54dc5de48951b525da3da48777426a9eb91ebf4de993?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 390 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Hoekwil Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.954940258547 22.653408957008

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang